Twee beseer toe kabelrol op hulle val

Foto verskaf deur Netcare 911

Twee werkers is Donderdag beseer toe ʼn kabelrol van sowat een ton in Sea View in Durban op hulle omgeval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:30 na die toneel ontbied. “Die pasiënte is onder die kabelrol verwyder en hulle het ernstige beserings aan hul kop, nek en bors opgedoen.”

Weens die aard van een van die pasiënte se beserings, is ʼn Netcare 911-helikopter ontbied om hom na ʼn spesialisfasiliteit te neem. Die tweede pasiënt is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris dupreez ·

Die tol kabel is seker van die trok afgerol , en nie afgetel met die regte toerusting , en toe omgeval toe hulle hom probeer stop het.

Driekus ·

Ja nee hierdie tipe gewig val nie net om nie. ‘n ton is ‘n stewige gewig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.