Twee beseer toe kar in Durban-huis vasry

Die motor wat die huis in Durban-Noord getref het Foto: Crisis Medical

Die motor wat die huis in Durban-Noord getref het Foto: Crisis Medical

Twee persone is Saterdagoggend beseer toe hulle met hul motor in ʼn huis in Durban-Noord vasgery het.

“Die ongeluk het net ná 01:00 vanoggend in Northway in Avonsingel plaasgevind,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, gesê. “ʼn Luukse sedanmotor het die pad verlaat en in ʼn huis vasgery.”

Volgens Van Reenen “het die motor in die lug gehang, gesteun deur ʼn keermuur”.

“Paramedici het baie versigtig onder leiding van Ethekwini se brand- en reddingsdiens, die motor genader,” het hy bygevoeg. “Die bestuurder en passasier, ʼn man en ʼn vrou vermoedelik in hul 30’s, het geringe beserings opgedoen. Hulle is uit die wrak gehaal.” Hulle let later hospitaalbehandeling geweier.

ʼn Plaaslike maatskappy het deur die oggendure gewerk om die motor op te lig en weer in die straat neer te sit.

“Dit is nog nie duidelik wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer verloor het oor die motor nie,” het Van Reenen bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

Hulle weier hospitaalbehandeling, seker bang dat ‘n bloedmonster geneem word ……

Berhalet Beukes ·

Sjoe… Die bestuurder moet dalk afskaal na ‘n minder luukse voertuig wat hy kan beheer… ;-)

DPJ ·

Spoed het beslis ‘n rol hier gespeel. Mens met lukse motors is gewoondlik bestuurders wat agter ander motors ry en ligte vlikker dat die voorste motor moet pad gee al ry die masimum toelaatbare spoed.

Henri ·

My vriend reken dit was dalk BJ……nou wonder ek, is dit whsikey of brandewyn??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.