Twee beseer toe muur ineenstort

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans in hul 30s is Donderdagmiddag ernstig beseer toe ʼn muur in Constantia, Kaapstad ineengestort het.

“Die bouers is op die toneel behandel voordat hulle na Victoria-hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

Die mans het glo aan die 2 meter hoë muur gebou toe dit ineengestort het.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.