Twee beseer toe voertuig by vulstasie inrol

Foto: ER24

ʼn Man en ʼn vrou is Sondagoggend in die vroeë oggendure beseer toe die bestuurder beheer verloor het oor die motor, dit omgeslaan en by ʼn vulstasie in Randburg ingerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 03:30 by die toneel in 5de Straat opgedaag. “Die motor het op sy dak gelê langs een van die petrolpompe. Die man en vrou het reeds uit die motor geklim en het op die toneel rondgeloop.”

Paramedici het die persone ondersoek en bevind hulle het matige beserings opgedoen. Hulle is na Helen Joseph- provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Paaries ·

Hulle het gou in geval by die pompe voor die prys van brandstof weer styg. ?

IK ·

Sjoe, daar is darem baie van hierdie verloorbeheer-voertuie op die pad, of is dit eerder af van die pad. Myne het gelukkig nie sulke neigings.

George in Bloem ·

Is die bestuurder se bloed getrek? Indien nie,waarom nie?

Erwee ·

Ek sien hierbo word heelwat aannames gemaak sonder enige bewyse. Dis oa. die leunstoel-skeidsregters se spesialiteit!! Daar is ‘n engelse spreekwoord wat lei: “Assumption is the mother of all f…….up’s”

SjN ·

Die motor bestuurder het gaan volmaak by die kroeg voor die prys styg maandag.

humor ·

Kom ons weesmeer positief. ek ken die nood as kraampyne jou die nag 3uur oorval

marous ·

Dit is baie moontlik dat dit glad nie die bestuurder se skuld was nie . Daar kon iets gebeur het , Dit kan moontlik wees dat die vulstasie voor hulle ingespring het . Dit ook mos nie vergesog nie ?

Marinda ·

Hulle kon nie wag om by die petrol stasie te kom toe rol hulle maar in. ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.