Twee beseer toe werker waterpyp raaksteek

Die waterpyp wat raakgesteek is. (Foto: Verskaf)

Twee mans, onderskeidelik 44 en 37 jaar oud, is Dinsdagoggend beseer toe ’n werker per ongeluk ’n waterpyp in Phoenix, Durban, met ʼn graaf raakgesteek het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê dat werkers Dinsdag besig was om gate te grawe om internet-kabels aan te lê, toe ’n werker om 11:30 ’n waterpyp raakgesteek het.

Die werker en ’n verbyganger het hulself in die pad van die geweldige waterdruk bevind toe die pyp byna ’n meter ondergronds ontplof het. Water het in ʼn dik, sterk stroom uit die pyp gespuit.

“Die werker is deur die waterstroom agteroor geslinger en het ’n ent verder te lande gekom,” het Herbst gesê.

Volgens Herbst het die mans beserings aan hul gesigte, veral hul oë, opgedoen. Hy kon egter bevestig dat hul nie ernstig beseer is nie en dat albei in ’n stabiele toestand is.

Die mans is op die toneel deur paramedici ondersoek waarna die werker met ’n ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is. Die verbyganger het verkies om private behandeling te ontvang.

Die voorval sal deur Ethekwini se departement van watervoorsiening ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carel ·

Die opdrag was seker “moenie die waterpyp raak steek nie” Ha ha

Wim Kotze ·

Nee Carel, die stadsraad het net vergeet waar die pyp begrawe is. Dit het maar gelê en roes onder die grond. Jy weet mos die woord “onderhoud” bestaan nie in die Zulu taal nie.

Hannes ·

Die vraag is, was die rusikos geidenrifiseer en was die werkers daarop attend gemaak? (risk assessment)
Dit is ń wetlike vereiste dat ń risikobepalling gedoen moet word, voor dat ENIGE werk of taak verrig word. Wat is gedoen om die risiko te ilemeer of te verminder??
Risikobepaaling is nie net vantoepassing op myne nie!!

Pine ·

In ander lande word toerusting gebruik wat ondergrondse retikulasie opspoor voor slote gegrou word. Die slagoffers moet dankbaar wees vir die gratis stortbad en dat dit nie ‘n elektrokusie was nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.