Twee beseer tydens aanval by Addo-gastehuis

(Argieffoto)

Twee persone is Vrydagaand beseer tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn gastehuis op ‘n plaas buite Addo in die Oos-Kaap.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf gaste het omstreeks 20:35 in die braaigebied van die gastehuis gesit toe een van die gaste ʼn groep van vyf verdagtes opgemerk het. “Die rowers het klapmusse gedra en het op die grond na hulle toe gekruip. Hy het alarm gemaak en die verdagtes het skote op hulle gevuur.”

Een van die gaste is in die bolyf getref. Nog een van die gaste het ʼn geringe besering opgedoen toe hy skrams teen die bobeen getref is.

“Die verdagtes het ʼn skootrekenaar, ʼn beursie, ʼn handsak en ʼn selfoon gebuit voor hulle te voet van die toneel gevlug het.”

Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en ʼn saak van huisroof.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om Addo-polisie te kontak by 082 319 9223.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MrMagic ·

Te veel mense dink dat daar nooit iets met hulle sal gebeur nie. Mens kan nie meer ongewapen kuier of braai nie.

Juls ·

Ja, mens verwag dat jy daar veiliger sal wees anders as in Gauteng maar dis oral dieselfde

Anoniem ·

Stem saam MrMagic. Party moet eers voel voor hulle wakker word.

Mariana ·

Gister hier vandag daar more iewers anders, maar daagliks gaan ons plaasaanvalle en of moorde hê. En steeds word ons gekruisig as ons wil opstaan teen juis dit.

Cheryl ·

Nou moenie vir my vertel hierdie is sg opportunisme nie. Dis doelbewus en beplan. EFF het mos alweer, of is dit nog steeds, “gestir”. Wees wakker mense asb. Ons is nêrens meer veilig nie.

Strandloper ·

Wakker slaap mense! Die gemors is oral, erger as die virus!

Byekonfyt ·

Ja ek ook. Dis ironies dat die Economic Freedom Fighters moord skree. Moet hulle naam dan nie liewer die Destroying / Killing Freedom Fighters wees nie? Watter toeris gaan hier geld wil kom spandeer wanneer daai spul ons land so afbreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.