Twee beseer tydens ontploffing by vulstasie

Die vulstasie is op die hoek van Allen- en Hardingweg. Foto: Google Maps

Die vulstasie is op die hoek van Allen- en Hardingweg. Foto: Google Maps

Twee mans is Donderdag tydens ʼn ontploffing by ʼn vulstasie in Newcastle, KwaZulu-Natal, beseer.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die mans het glo in ʼn ondergrondse brandstoftenk gewerk toe die ontploffing plaasgevind het. Die vulstasie is op die hoek van Allen- en Hardingweg geleë.

“Een man is kritiek beseer,” het Meiring gesê. “Albei is op die toneel gestabiliseer en na die Medi-Clinic in Newcastle geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar gesê daar was teen Vrydagoggend nog nie ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

OPLEIDING…Opleiding… n Gebrek daaraan is fataal. Sterkte aan die beseerdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.