Twee beseer tydens skietery op M1-snelweg in Jhb

Argieffoto

ʼn Man en ʼn vrou is Maandagmiddag kritiek beseer ná ʼn skietery op die M1-snelweg naby die Jan Smuts-afrit in Parktown, Johannesburg.

“Paramedici het ʼn man en ʼn vrou in die middel van die snelweg aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het verskeie skietwonde in sy maag en bors opgedoen. Die vrou het verskeie skietwonde in haar bene opgedoen. Hulle is albei in ʼn kritieke toestand.”

Die twee persone is na ʼn privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval. “Twee persone, ʼn man en ʼn vrou, was omstreeks 12:50 in ʼn BMW X1 toe vyf persone hulle oorval en op hulle begin skiet het.”

Hy het gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. “Die polisie is op soek na die verdagtes wat glo in ʼn BMW-sedan (registrasienommer onbekend) gery het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Nuus vanoggend op TV beweer dit is n lid van die Valke verbonde aan prioriteits misdaadondersoek. Iets ook na bewering uit voertuig verwyder. Dan wil hul selfverdediging as rede om vuurwapen te besit deur wetgewing verwyder.

De Villiers ·

Hierdie geweldsmisdade gebeur omdat daar nie gepaste strawwe is wat die mate waarmee misdaad gepleeg word regverdig nie. Dis strawwe soos doodstraf, harde handearbeid en lyfstraf. Dis vandat menseregte vir veral misdadigers ingestel is daar sulke brutaliteit, moord ens. plaasvind. Tronkstraf is GLAD NIE ‘n straf vir hierdie tipe kriminele nie, en die regering besef dit nog steeds nie.

Hoe nou....... ·

Mense regte is vir die krimineel ge-skep – to live and kill another day. Slagoffers van geweld of misdaad het nie regte nie.

Jerry ·

Dit is maar net nog een van n warboel van rooiligte wat al hoe gevaarliker flikker. Die warboel van rooiligte wat toeneem dui daarop dat die ANC met Zupta, SA in n rigting geplaas het waaruit daar nie omdraai kans is nie. Die van ons wat die ANC se voortslepende rewolusionere struggle verstaan, verstaan dat sekere misdade deel uitmaak van die struggle en dat dit maklik verskans word in die warboel van so baie ander misdade. Die ANC/Zupta se doelbewuste verswakking van die staat se vermoe om misdaad daadwerklik te kan beveg, pas die rewolusionere struggle soos n handskoen! Dit alles skep die politieke klimaat vir die volgende fase wat, na CR se regruk termyn, dit ten doel sal he om die publieke vermoe te verswak. Die rewolusionere struggle se einddoel is n gedekolonialiseerde sosialistiese staat waar die ANC staat totale politieke en ekonomiese mag het. Geen wit of swart misdaadslagoffers gaan die rewolusionere struggle denkwyse verander nie, omrede slagoffers vir die struggle sterf of teen die struggle sterf. Misdaad en slagofferstatistiek gaan dus so erg raak dat ons gaan dink dat ons in n staat van anargie is, wanneer ons nog nie eers daar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.