Twee beseer tydens transitorooftog in Pretoria

Foto verskaf aan Maroela Media

ʼn Lid van die publiek en ʼn polisiebeampte is beseer tydens ʼn transitorooftog Vrydagaand op die N4 naby Silverton.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn groep rowers het omstreeks 19:00 op ʼn geldwa op die N4 toegeslaan. Die rowers het die veiligheidswagte se vuurwapens afgeneem en die geldwa oopgeblaas voor hulle ʼn onbekende bedrag kontant gesteel het.

“Terwyl die rowers van die toneel gevlug het, het hulle lukraak skote gevuur en ʼn lid van die publiek is beseer. Polisiebeamptes wat reageer het op die voorval, was ook betrokke in ʼn skietery met die verdagtes,” het Dlamini bygevoeg. “Een polisiebeampte is beseer toe stukkies glas hom in die gesig getref het. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Die rowers is nog op vrye voet en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Twee voertuie, ʼn Mercedes Benz en ʼn Ford, wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is, is Saterdagoggend opgespoor. Daar was van die gesteelde kontant in die voertuie.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gavin ·

Iemand is Baie besig om inligting oor die transito voertuie se roetes uit te deel.

Johann cb ·

Is daar in ander lande ook so baie transitorooftogte? Ons sal moet wegdoen met vervoer van kontant ter wille van mense se veiligheid!

DPJ ·

Ja!!! Onss lewe in Gansters P.
Daar is nie meer enige wet en orde on die land.

hendrik ·

Dit is al ou nuus maar dit lyk my wraggies of dit waar kan wees. Sodra dit verkiesingstyd raak begin transitoroof. Die vraag is net watter party dit die nodigste het.

Oom Kalahari ·

Hierdie optrede van transito roof raak nou al ‘n daaglikse optrede en moet ernstig na gekyk word en ondersoek. Mense se lewens en vuurwapens is in gedrang.

John ·

Die publiek moet miskien versigter wees rondom geldwa’s want mens weet nooit… of jy dalk gaan verdrink in ‘n dam R200-note nie.

Santha ·

Waar is die president van die land Hy het mos begeer or alles nie

Lerato ·

Santha
Ek stem volkome saam. Cyril behoort met die geldwaens saam te ry. As die rowers sien dis die president sal hulle niks doen nie.

MG ·

Die transitorooftog het op die afrit van Simon Vermooten plaasgevind op die N4 – reg voor ons kompleks. Baie dankie aan Brinant vir hulle vinnige reaksie en vir die feit dat hulle, die SAPS en hierdie sekuriteitswagte, hulle lewens daagliks op die spel sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.