Twee beseer tydens twee kleinhoewe-aanvalle

Die toneel in Hammanskraal. Foto: Verskaf.

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Twee afsonderlike kleinhoewe-aanvalle het hulle Dinsdag in Noordwes en Gauteng afgespeel.

Die eerste aanval het noord van Potchefstroom in die Rysmierbult-omgewing langs die R501 plaasgevind.

Kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn man en vrou het in hul huis televisie gekyk toe hul honde omstreeks 21:15 op die kleinhoewe begin blaf het. Die man het uitgestap om ondersoek in te stel waarna ʼn aanvaller glo oor die muur gespring en ʼn vuurwapen teen die man se kop gehou het.

Die aanvaller het die man in die huis ingedwing en geld by hom geëis. “Die man het geweier om geld vir hom te gee,” het Funani gesê. “ʼn Tweede aanvaller het die huis binnegekom en die man in die hand gesteek.”

Volgens Funani het daar ʼn struweling ontstaan en iemand het ʼn paniekknoppie gedruk. Funani het ook gesê die vrou het weggekruip tydens die aanval en vanuit haar wegkruipplek twee skote op die aanvallers afgevuur voordat hulle gevlug het.

Markus Fourie, woordvoerder van die plaaslike buurtwag, het aan Maroela Media gesê die man se vrou het gehoor hy praat met iemand en die situasie klink verdag. “Sy het toe die haelgeweer gaan haal,” het hy gesê.

Volgens Fourie het die man kamer toe gehardloop nadat hy in die hand gesteek is en die rowers het twee skote op hom afgevuur. “Albei was gelukkig mis,” het Fourie gesê. Een van die slagoffers het ook twee skote afgevuur en die rowers het op die vlug geslaan.

Die rowers het glo twee selfone tydens die aanval gesteel.

“Die egpaar het eers later die man se selfoon in die kamer gekry en omstreeks 21:45 die buurman in die hande gekry,” het Fourie gesê. Die buurman het glo op ʼn tweerigtingradio hulp ontbied.

Fourie het gesê die man is op die toneel behandel vir die wond aan sy hand. Volgens hom is een van die honde ook vergiftig tydens die aanval.

ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

In ʼn tweede onverwante voorval is ʼn man ernstig beseer toe aanvallers hom op ʼn kleinhoewe in die Apiesrivier-gebied, suid van Hammanskraal, oorval en met ʼn moersleutel oor die kop geslaan het.

Volgens Pieter Oosthuizen, hoof van die plaaslike buurtwag, het dit op sy buurplaas gebeur. “Daar is twee vroue, een man, een baba en ʼn kleuter wat daar woon. Hulle boer nie self nie, hulle pas net die huis op,” het Oosthuizen vertel. Die voorval het omstreeks 03:30 plaasgevind.

Oosthuizen het gesê die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur diefwering oop te breek. “Hulle het die man eerste aangeval waar hy gelê en slaap het. Hulle het hom met ʼn moersleutel oor die kop geslaan voordat hulle met selfone, beursies, horlosies en ʼn klanktoestel op die vlug geslaan het.”

Die slagoffers kon daarin slaag om een van die vroue se suster te bel vir hulp. Die vrou het toe vir Oosthuizen gebel en hom van die aanval ingelig.

Die man is volgens Oosthuizen na die Steve Biko-hospitaal gehaas.

Oosthuizen het gesê die twee aanvallers wat vermoedelik by die aanval betrokke was, is die afgelope paar maande baie doenig in dié omgewing en hul spore is al ʼn paar keer by vorige misdaadtonele gekry.

Die plaaslike polisiewoordvoerder was op navraag van Maroela Media nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Agnee ·

EN so stap die mense steeds UIT die huise om te gaan kyk hoekom die honde blaf. HOEVEEL keer moet julle gewaarsku word? Hoeveel keer moet daar vir julle verduidelik word dat dit 99% van die tyd die manier is waarop die moordenaars julle buite die huis kry om julle aan te val? Net soveel simpatie soos ek met onskuldige mense het wat aangeval word, begin my geduld opraak met mense wat NIE WIL LUISTER NIE! Julle is in die spervuur mense .. as die hond blaf MOENIE UITGAAN NIE, veral nie as julle nie gewapen is nie!

Albaster ·

Mense leer nie, hulle bly al te braaf uitstap. Jy mag nie uitstap nie! Bly binne en wees gereed.

Gert ·

As die man nie uit sy huis gestap het nie sou hy nie die boosdoeners verras het nie en sou hulle rustig kon aangaan met hul planne. Gewag het tot die honde dood is van die gif en die huisbewoners rustig slaap. Weerloos. Dan was dit maklik.

My naam staan hier ·

Net soos my hond sy lewe vir my sal op gee sal ek myne vir hom gee. Ek verstaan as jy ‘n gesin het om voor om te gee dat dit gevaarlik is, ma my hond is my famielie.

janas ·

Sometimes your own stupidity cause your own circumstances!
Die honde blaf om Te waarsku maar storm uit na jou eie dood. Die boewe se spore is al voorheen op gemerk – dan moet jy versigtig en parraat wees.

Theresa ·

Eish. gou om te sê hoe ‘n ander moet doen. hoop jy spring dit vry.

Schalk ·

Heeltemal reg Janas. Theresa, as jy weet hierdie ouens is in jou area besig, jy word gewaarsku daarteen, en jy is stupid genoeg om ongewapen uit te gaan om ondersoek in te stel, is jy baie onverantwoordlik. Maar baie mense glo dit gebeur net met ander mense, en besef nie hulle is ook ander mense nie. Ek is bly hulle dit oorleef, hopelik het die man nou n duur les geleer.

JC ·

janas oordeel en le ook nie bevele op nie Theresa, maar jy weet mos nou AL SO GOED SOOS ALMAL hier DAT JY NIE BUITENTOE GAAN NIE!! JY BLY IN JOU GEMAKSONE, EN WAG HULLE IN, EN VERRAS HULLE! EN HOU VAN JOU HONDE IN DIE HUIS INDIEN MOONTLIK. (sien Afriforum se artikel oor plaas/hoewe veiligheid geplaas ‘n dag of twee terug) Jy storm nie uit sonder ‘n wapen nie, en hou ook nie die wapen in ‘n kluis nie. Hoeveel kere moes ons al lees van iemand wat vermoor en gemartel is juis omdat hy gaan “ondersoek instel” het? Hoeveel kere!

LMF ·

Het die boere al ooit gehoor van MM of sit hul in oggende op die stoep met koffie en die koerant daar gaan hul nie lees of sien wat op hul plaase gebeur nie genugtig jy het n haelgeweer in die huis maar gaan uit sonder hom really maar met als is ek vreeslik bly hul leef om hul stories te vertel. Leer daaruit please wees paraat en gereed

Karma ·

Daar het ons nou die bewys: die aanvallers onderskei NIE tussen pienk, pers, geel, wit, blou, bruin of swart nie. Hulle wil hê – hulle steel. Maar as hulle dan net steel en dan net gaan ….. Maar dit is seker te veel gevra vir die Noord-Afrikane.

Die een man in die Apiesrivier/Hammanskraal omgewing het gelê en SLAAP terwyl hulle ingebreek het. Kon hulle nie maar net gevat het wat hulle wou en hom gelos het nie? Hoekom inbreek, diere vergiftig, diefwering afbreek, mense aanrand/verkrag/vermoor/ vermink?

Êrens sal daar regtig ‘n plan moet gemaak word met al die volksvreemdelinge in die land wat heen-en-weer vryelik in-en-uit Suid-Afrika beweeg en hier kom steel, aanrand, moor en verkrag. En “Skote Petoors” aan daai vrou wat die twee boosdoeners bygekom het met die haelgeweer! Hoekom het haar man nie daai einste haelgeweer saamgevat toe hy uitgegaan het nie? Dan was een of twee moordenaars bokveld toe vandag …. O wag, nee, dan was hy nou in die tjoekie, aangekla van moord ….. en RASSISME!!!

Adele ·

Ag asseblief Amvi. Ons weet mos al aanvallers hou huise dop vir dae. Natuurlik het hulle geweet wat hulle gaan kry!!

Schalk ·

Ek is al so moeg om te lees dat geen verdagtes nog in hegtenis geneem is nie. En dat daar n saak van roof en poging tot moord ondersoek word. Ek sal graag eerder wil lees dat die SAP erken dat hulle n verlore stryd teen misdaad voer. En natuurlik ons sogenaamde president wat erken dat hy met die oopstel van ons landsgrense direk verantwoordlikheid aanvaar vir hierdie sinnelose moorde op ons mense. Ek sê dit weer en sal dit herhaal vir so lank ek leef. Hierdie aanvallers is nie SA burgers nie, dit is oorlopers van Zimbabwe en Mosambiek. En onder watter boom of brug gaan soek jy hierdie lafaards?

amvi ·

Nee dit is gereeld huidige of vorige werkers wat betrokke is.

JC ·

Ek weet nie hoeveel kere sal dit nog herhaal moet word nie, maar hier gaan dit: Hou jul honde in die huis, EN MOENIE UITGAAN WANNEER IETS VERDAGS BUITE AANGAAN NIE, BLY IN JOU GEMAKSONE WAAR JY BEHEER HET!!!!!!!!!

DW ·

Gooi julle lekker klippe ?
Tot dat met jou gebeur dan staan jy voor die yskas !
Dis nog man wat gaan kyk !
Dis nog man wat vrou leer skiet ook !

$ ·

Ons weet mens behoort eerder in die huis te bly as die honde blaf buite. Maar ons mans is grootgemaak om gevaar te konfronteer, hul gesinne te beskerm, op te tree. Wanneer iets onverwags gebeur skop instink in en mans gaan meestal ná die gevaar toe om dit te konfronteer. Meeste sou waarskynlik as hul ná die tyd reflekteer sê “ek moes nie”; maar mens weet nie vooraf hoe jy sal reageer as misdaad die dag onverwags aan jou deur kom klop nie.

Dus rusbankregters, asseblief toon meer empatie aan julle naaste; julle is reg en dit sou veiliger wees om nie uit te gaan nie. Maar moenie so mond uispoel teenoor die slagoffer nie, dis ongevoelig. Uit die 14 kommentare tot nou veroordeel 10 MM-rusbankregters die slagoffer ipv die misdadiger. Wat het vsn ons jand en sy mense geword? )-:

Spook ·

Ek varkies my man binne, waar ons saam ons familie kan beskerm . Ons bly op n plot en ken die gevaar waarin onsself bevind. Baie hartseer dat ons nie meer die plekkie kan geniet nie.

pietie ·

Die blaam word op buitelanders. veral Zimbabwiërs geplaas. Vermoed dis meestal locals. Is daar feite beskikbaar?

Brandwag ·

Hier gaan ons alweer, blameer die slagoffer.
Die internetkenners se”moet nie uitgaan nie”. Wat weet julle? Niks, net wat julle in MM lees. Besef tog nou vir eenkeer dat die kriminele dinamies is. Hulle doen verkenning voor die tyd, vorder inligting in en deurdink elke moontlikke plan en teenplan weke voor die insident, soms maande en jare. Hulle het al die tyd en geleentheid om bose planne te bedink terwyl die boer veg vir finansieele oorleweing.
As jy nie uitkom nie, kom maak hulle jou wakker in jou bed. As dit te moeilik is le hulle jou voor by jou hek of motorhuis. Boere is uitgelewer niemand kan al die planne voorsien en teewerk nie.

In die geval waar die oom uitgestap het, het dit sy lewe gered. Die kriminele was besig om die honde te vergiftig en sou dan sodra almal rustig slaap die oom in sy bed wakker maak. Die alarms was reeds gesaboteur. Goddank het die oom sonder sy vuurwapen uitgestap en kon die tannie hom kom help met sy vuurwapen.

Linda ·

Jip ek stem saam, dit is vandat ons landsgrense vir almal oop is dat dinge so verkeerd loop in die land. Die misdaad word net al hoe meer en ons Suid-Afrikaners word nie beskerm nie. Stuur al die uitlanders terug na hulle lande toe dan sal dit dalk beter word in ons eie land. Die misdaad sal drasties afneem. Maar wie is ons om te praat dit is mos die parlamentslede wat oor die dinge ALLEEN besluit. Ons eie mense sukkel om werk te kry omdat uitlanders bereid is om vir ‘n appel en ui te werk.

amvi ·

Dit is onregverdig en sinneloos om die honde buite te laat slaap. Hulle is net so bang soos ons en SAL doodgemaak word indien iemand wil inbreek.

Marietha ·

Ons bly self in die Apies rivier omgewing as jy dit so kan stel. 4 weke terug by ons ingebreek terwyl geslaap het. Ek wakker geword en tromp op in aanvaller vasgeloop in deur wat ingaan kombuis toe binne in my huis. Deur en veiligheidshek oop gekry sonder dat ons dit hoor. Ek aangeval en geslaan. Nie te erg maar steeds seer. SAP was daar die oggend net na aanval maar speurder ons nooit gekontak soos gese via sms wat ek gekry het nie. Niks was van dit in koerante so ongelukkig weet almal nie wat aangaan in ons area nie! Dit het gebeur 01:45. Mens se maklik ek sal dit doen en dit doen. As dit gebeur dan is dit vinnig en jy baklei vir jou lewe. Nee hul steeds op vrye voet. Die vrou nie geval na 3 houe met ‘n voorwerp nie en ek dankbaar ek kon skree dat my man wakker word en hul toe spore gemaak het. Skok en skrik laat jou either lam of stom. Jy sal nooit kan doen wat jy se jy gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.