Twee beweer hulle kan treinspoor verkoop

Argieffoto

ʼn 41-jarige sakeman het ʼn bloutjie geloop toe hy R1,5 miljoen oorbetaal het aan twee mans wat aangevoer het hulle het magtiging om ʼn Transnet-treinspoor in die Oos-Kaap te verkoop.

Mthuthuzeli Swartz (58) is Dinsdag deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, in hegtenis geneem. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery, het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die staat voer aan Swartz en ʼn medepligtige het die 41-jarige sakeman oortuig dat hulle magtiging het om die Transnet-spoorlyn tussen Elliot en Maclear te verkoop. “Die sakeman het die R1,5 miljoen aan die verdagtes oorbetaal, maar het nooit die spoorlyn ontvang nie.”

Swartz is vrygelaat op borgtog van R2 000 en moet weer op 27 Februarie vanjaar in die hof verskyn.

Die soektog na die beweerde medepligtige duur voort, het Feni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

WABez ·

Presies, maar as jy dom is moet jy maar “suffer”. Seker ok gedink hoe lekker gaan hy “munt” slaan uit daai staal. Nee wat, laat hy vir hom kry, ek hoop hy is uit sy R1,5 miljoen dat hy ‘n les kan leer wat gierigheid doen!

Co ·

Om op te sny en aan die chinese te verkoop. Ons anc kaders doen dit reg deur die land!

Daan ·

Ek draf gou hier op my agterplaas uit om opmetings te maak, ek meen, miskien is daar plek vir die hele railways.

Hennie ·

Hahahhhahahahahaha en hy het nie sy spoorlyn ontvang nie!!!! Ok wil net gou weet hoe dom kan n “sake man” dan wees om R1,5 miljoen te betaal vir n spoorlyn? So nou net nog n dom vraag. Waar het hy die geld gekry as hy sulke dom aan koop besluite maak? Ek het nou amper van die bank afgeval soos ek gelag het!!! Dankie maroela media vir die een!!!

Johanna Botha ·

Goeie jimmel hoe dom kan mens nie wees nie ??? stem seker anc ???

Hanna Hoekom ·

Ja nee, dis nou die Suid-afrikaanse weergawe van “Dumb and dumber”!

Abc ·

Waarom sal die Valke die ouens nou wil aantree? Hulle kry nie genoeg omkoopgeld nie? Ek weet van soortgelyke sake wat deur Valke net gelos is….met omkoopgeld. Seker genoeg.

Ben ·

Dis net “sakemanne” met “té veel geld” wat sulke dom aankope doen!

Essie ·

Dis een van die dom onnoselste wat ek nog gehoor ht hoe kan jy n bestaande treinspoor koop

Cherokee ·

Askies dat ek maroela nou gebruik as advertensie medium maar stel enigeen belang om die lugweë te koop?

Koos de Meyer. ·

In die nuwe Suid-Afrika is alles moontlik. Dis een van die beste wat ek nog gehoor het. Môre koop hy solank ‘n trein terwyl hy wag vir die spoorlyn. Hoe dom kan mens wees. Siestog.

Chrisjan ·

Ons n realiteitsfliek maak van wat werklik in SA gebeur en as dit wêreldwyd vertoon word, sal almal dink dis die beste komedie ooit!

Niklaas ·

Ek is stomgeslaan. Kan net kop skud.
Daar is wragtig geen pille vir stommerikke nie. Dis nou vlak inni dak ! Ek weet van swendelaars soos Count Victor Lustig wat die Eiffel toring verkoop het aan n dom ryke. Hierdie plaaslike sakeman het meer geld as breins. Nou wonder ek of dit vir al die staal was of die voorreg om sy eie spoorlyn , natuurlik met eie trein , te kan besit.

Derik ·

Met die spoorlyn verwys hulle na die spoorstawe! Niks snaaks vir n skroothandelaar om ou spoorstawe wat uitgewerk is op te koop nie.

Eddy ·

Ek dink hy wou die spore koop.en dan dit uithaal om aan scrapyard the verkoop.hy sou seker wins maak daaroop.

Sinies ·

As jy die President van die ANC en die land kan koop, is die bo genoemde seker ook moontlik.

A Mac ·

Ek kan dit nogal glo. Wil graag weet as die sakeman nou die treinspoor het, gaan hy by PRASA ‘n lokomotief en waens koop? Sou hy nou sy eie spoorwegbesigheid op die stukkie spoorlyn bedryf? Maar ernstig, wys jou net, geld koop nie altyd verstand en commen sense nie. Sal mens nou van die sakeman sê “Hy het sy spoorlyn gesien” in plaas van “Sy g#t gesien”?

Stella ·

Hy kan nou daai liedjie sing”A fool am I,a fool am I”oor en oor.

Stella ·

Simpel verby,het by you gedink net by en die skelms gaan daarvan weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.