Sers. Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, onderskeidelik 22 en 39 jaar oud, is in Brandwag naby die Mimosa-winkelsentrum in hegtenis geneem. Volgens Matoti is polisiebeamptes na die 39-jarige verdagte se huis in Bainsvlei waar hulle op ’n dwelmlaboratorium afgekom het.
Matoti het gesê die beamptes het op verskeie dwelms waaronder Kat, tik en rou chemikalieë beslag gelê. Die straatwaarde van die dwelms is glo sowat R2 miljoen. Die polisie het ook op 660 verskillende tipes ammunisie beslag gelê.
Volgens Matoti sal die verdagtes binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel. Die 39-jarige verdagte sal ook teregstaan op aanklagte van die vervaardiging van dwelms en die besit van ammunisie.
Stuur die boodskap. Dwelms gebruik 15 jaar sonder parool, Dwelm handelaar 25 jaar sonder parool.
Met ‘n onlangse besoek aan Bloem het familie ons gewaarsku dat sekere areas in stad taboe is agv dwelms, misdaad en geweld.
Wees skoon en bly weg van die gemors
660 VERSKILLENDE AMMUNISIE????? Ek vir een het nie eers geweet Suid Afrika besit soveel verskillende Ammunisie nie…