Twee boere vas oor veediefstal

Argieffoto ter illustrasie Foto: toorallie.com.au

Argieffoto ter illustrasie Foto: toorallie.com.au

Twee boere het Maandag in die Excelsior-landdroshof in Ladybrand, Vrystaat, in die hof verskyn op aanklag van veediefstal.

“Lazarus Thekiso (61) en Petrus Sithole (61) is Saterdagaand omstreeks 23:50 in hegtenis geneem toe hulle met sewe skape betrap is en nie bewys van eienaarskap van die vee kon lewer nie,” het sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

“Ao Moabi Thekiso en konstabel Ikanyeng Sebitloane het op 8 November die R709-pad tussen Excelsior en Tweespruit gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte Hyundai-bakkie opgemerk het,” het Xuma bygevoeg. “Die bakkie het die spoedgrens oortree en die beamptes het die voertuig voorgekeer. Die verdagtes het sewe merinoskape agterop die bakkie vervoer.”

Die skape, ter waarde van ongeveer R10 500, is glo op ʼn plaas naby Phillip Sanders-oord, sowat 20 km buite Bloemfontein, gesteel.

Die polisie het ook die Hyundai-bakkie ter waarde van R100 000 gekonfiskeer. Die skape sal aan die regmatige eienaar terugbesorg word.

Die twee mans boer op buurplase. Hulle moet weer op 17 November in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Patat ·

Ek wou eers my kop in skaamte sak toe ek lees “twee boere”. Wou skaam kry om te dink ons het al tot daai vlak gedaal.

Nou ja, jy hoef nie in buurlande te gaan soek na die diewe nie, sommer jou buurplaas. KEN JOU BURE!

SNEL ·

Ja-nee, ek het ook gewonder hoe de hoenders het die boere nou so laag begin daal om sulke goed te doen. Boere staan mos saam, hulle sal nie steel van hul mede boere nie…..en toe sien ek die vanne. Ja, ken jou bure en vat jou heinings wolke toe, grawe n sloot om die plaas en bring krokodille in om daar te patroleer. Wat kan mens doen, mens is magteloos.

Ai tog ·

Is daar niks wat op ‘n eerlike manier vekry kan word nie, Maleme wil nog plase vat sonder vergoeding wat gaan dan gebeur. Alles wat in die land aangaan is net steel, steel en nogmaals steel sal nie werk vir dit nie. Dan is hulle nogal “boere” boer seker agteruit as hulle ander “boer” wat hard gewerk het se skape kan steel wat kan hulle nie nog doen nie.

scalla ·

maroela, julle opskrif kan misleidend wees, boer/plak op buurplase, so as een diere steel is hy dus n boer want hy besit nou vee en het n bakkie!!!!

Grassie ·

Die twee het seker maar hul plase in die hande gekry d.m.v. die regering se grondhervormingsbeleid. Soos omtrent al die ander begunstigdes kan hulle waarskynlik nie boer nie en plunder nou die blanke boere se kuddes om te bestaan. ‘n Mens wonder hoeveel skape hulle al gesteel het voordat hul gevang is.
Die regering se grondbeleid gaan nog die land se landbousektor tot in die stof vertrap, en alles vernietig wat ons voorsate oor ‘n paar geslagte heen opgebou het.

scalla ·

Hoekom verwyder jul my kommentaar oor die misleidende opskrif wat ek kritiseer?

Sune van Heerden ·

Dagsê Scalla

Jou kommentaar is vir een of ander rede tydens die outomatiese siftingsproses afgekeur en moes vanoggend eers per hand goegekeur word. Die kommentaar verskyn nou soos jy dit gelewer het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek hoop dat daar n voorbeeld van die twee boewe gemaak word .Ek sien n veedief in dieselfde lig as n jakkals of n rooikat, hulle moet uitgeroei word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.