Twee botsings oomblikke ná mekaar op N12; vrou dood

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Tweede motorongeluk het Saterdagaand op die N12 in Noordwes plaasgevind, enkele minute nadat ʼn vrou in ʼn vorige ongeluk op dieselfde plek dood is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongelukke het op die hoofweg naby Stilfontein plaasgevind. ʼn Vrou in haar 20’s is dood en ʼn man ernstig beseer toe hul motor teen ʼn boom gebots en verskeie kere gerol het.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het hulle die man en vrou ʼn paar meter weg van die voertuig af gevind nadat hulle uit die motor uit geslinger is. Die vrou het ʼn noodlottige kopbesering opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die man het ernstige beserings aan sy kop en bors opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

“Terwyl paramedici besig was om die eerste ongeluk te hanteer, het ʼn tweede botsing op presies dieselfde plek plaasgevind weens wrakstukke en oorblyfsels van die ongeluk wat in die pad gelê het,” het hy gesê. “Gelukkig het albei persone ongedeerd daarvan afgekom.”

Volgens Meiring was die polisie op die toneel om die botsings te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hans Schouwstra ·

Die toestand van paaie in Noordwes is skokkend. Veral die N12 maar ook die Potchefstroom Parys pad metvdie stuk na Vanderbylpark.

Annalie Roux ·

Die paaie mag ‘n probleem wees, maar mense ry ook baie onverskiliig- ry oor die algemeen soos maniakke- veral in did donker jaag hulle nog meer. Omdat hulle dink niemand gaan hulle vang nie. Eers as mense begin verantwoordelik bestuur, sal dinge berer gaan. Mens moenie net ordentlik bestuur omdat jy ‘n verkeersmsn lang die pad sien nie, maar omdat jou eie integriteit(skaars eienskap) jou dit laat doen

Gustav ·

Annelie jy slaan die spyker op sy kop- die mense is hopeloos te roekkeloos en het geen respek vir ander mense nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.