Twee brand dood, 15 beseer toe taxi rol

Foto: Rescue Care-ambulansdienste

Twee mense is Sondag dood en 15 beseer toe ʼn minibus-taxi op die M4 naby die Virginia-afrit in Durban-Noord gerol het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê paramedici is saam met die polisie omstreeks 11:00 na die toneel ontbied. “Met ons aankoms daar was dit absolute chaos,” het hy gesê.

“Die taxibestuurder het op een of ander manier beheer verloor en die voertuig gerol voordat dit in vlamme uitgebars het. Vyftien mense kon daarin slaag om uit die voertuig te kom, maar twee mense was in die wrak vasgekeer en het op die toneel doodgebrand.”

Jamieson het gesê die Durban-brandweerdienste was binne oomblikke op die toneel en het die vlamme geblus. “Die 15 beseerdes het almal geringe tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is,” het hy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Kinne is die limiet nie op maksimum 10 passasiers 11 mense in totaal per Mini Bus Taxi. Of is daar taxi’s wat wettiglik meerdere mense mag laai?

Johan. H. ·

daar is weer n plaasvrou dood, weet nog nie of sy vermoor is nie.

Pieter ·

“op die een of ander manier” sê julle, het hy beheer verloor. Die ENIGSTE manier waarop hy beheer kan verloor is wanneer hy te vinnig ry. Amen.

Jeannette ·

@Pieter, die taxibestuurder kon ook onder die invloed van dwelms/drank gewees het of ‘n band kon gebars het of hy vir ‘n dier/mens in die pad uitgeswaai het en toe beheer verloor het. Dit is makliker om beheer oor ‘n voertuig te verloor as wat jy dink en spoed het nie noodwendig iets daarmee te doen nie.

G ·

Daar is passasiers wat lewendig daaruit geklim het, maar die polisie weet nie wat gebeur het nie? Vra hulle, dammit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.