Twee brand dood in bakkie

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

Twee mense het Dinsdag in die vroeë oggendure in ʼn bakkie buite Newcastle in KwaZulu-Natal doodgebrand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bakkie het op die R34 van Memel in die rigting van Newcastle gery toe die bestuurder glo beheer verloor en die bakkie gerol het.

“Paramedici van ER24 en die provinsiale brandweer is na die toneel ontbied. Die bakkie is in ligte laaie op sy dak aan die kant van die pad aangetref,” het Meiring gesê.

Brandbestryders het die vlamme vinnig in bedwang gebring en paramedici kon nader gaan om die wrak te ondersoek.

“Die twee mense was in die wrak vasgekeer. Hulle het onherkenbaar verbrand. Ongelukkig kon daar niks vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anita ·

Ek weet nie of die toestand van die pad die afgelope 10 jaar verbeter het nie, maar destyds was dit ‘n baie gevaarlike pad om aan te durf agv al die potholes.
Sterkte aan die familie(s).

BoereBikerBaby ·

Dit verbaas my nie want ek’t so jaar terug daar gery en die pad was vieslik vol “potholes” ekt in die aand gery en 2 bande verloor want sodra jy vir die een uitswaai, dan slaan jy ‘n ander ene.
Die gate is regtig baaaaaie groot. Dis nog een van die vieslikste paaie, die “Memel pad”.
Op ‘n stadium daai aand was ons 6 voertuie wat langs die pad gestaan het met 2 bande wat “verlore” was. Wens die government wil net meer aandag skep op ons paaie, so sal baie minder versekerings claims gedoen word ens…

Jacques ·

Ek ry die pad gereeld. Dit is nou in n baie goeie kondisie. Daar is 3 stop en go plekke maar behalwe vir dit is daai pad nou n plesier om te ry. Jy moet wel mooi kyk vir al die skerp draaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.