Twee brand dood in botsing

Foto: Verskaf.

Twee mense is dood en twee ander ernstig beseer toe ʼn vragmotor en vier motors Dinsdag op die N1-Suid naby die Olifantsfontein-afrit in Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die wrakstukke van die motors is verspreid oor die hoofweg aangetref. “Een van die motors het aan die brand geslaan en was in vlamme gehul. Die brandweer het onmiddellik gereageer en kon die brand blus,” het Meiring gesê.

Foto: Verskaf.

In die uitgebrande motor was die liggame van ʼn man en ʼn vrou, het hy gesê. “Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring is een insittende kritiek beseer terwyl ʼn ander gemiddelde beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel en deur ander nooddienste na nabygeleë hospitale gehaas vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Penellope Jones ·

Waarom lees ons so baie van hierdie tipe grusame ongelukke deesdae?

Is dit laksheid, geen geldige bestuurderslisensies wat veroorsaak dat mense nie die reels ken nie, is dit verontagsaming van reels, roekeloosheid?

Hoe dit ook al sy , hierdie grusame ongelukke word al hoe meer en mense verloor hul lewens.
Dis asof daar ‘n “ander-moet-die-reels-nakom” benadering is.

Stoffel ·

As jy wil weet hoekom dit gebeur, klim in jou kar en ry op n Vrydag en Saterdag aand op die N1, ry sommer die ringpad om Johannesburg. Jou oe sal verbaas wees..

So waar ·

Penellope jou kommentaar is SO waar ! Die vraag kwel my ook die laaste tyd. Opskrifte soos ‘Gru ongeluk’ en ‘noodlottige beserings’ is die norm .. Dan ook tot vyf persone wat wat in een ingeluk sterf.

Sal nie met MY gebeur nie.... ·

Penellope, dit is omdat almal dink Dit Sal Nie Met MY Gebeur Nie – Ek Kan Bestuur –
Hierdie goed gebeur mos met ander mense….
Mense vat kanse. Mense is onverskillig. Mense dink die pad behoort aan hulle….

ken van benoni ·

Baie mense dink hulle is onsterflik, dit gebeur slegs met ander, eie geregtigheid, dwelms, alkohol selfone, onbevoegdheid, onpadwaardige voertuie, swak paaie, swak weersomstandighede( wind, rook, mis en rëen). Opvoeding van pad gebruikers skiet tekort, dit sluit voetgangers in!! Dan is daar nog die klomp verkeers- beamptes wat korup is of wat telui is om die wet toe tepas. Spoed speel ‘n klein rol in botsings vergeleke met van die redes hierbo genoem.

Katryn ·

Ons bly in Secunda en die N17 is ‘n nagmerrie om te ry. Mense dink jy moet oorgaan in die geel lyn sodat hulle van voor kan verby kom en dit oop ‘n dubbele sperstreep. Hulle gaan verby al kom daar motors aan en gee nie ‘n duit om vir jou lewe nie. Jaag soos besetenes en voel ‘n veer om vir padreëls.

Elize C ·

Katryn dit klink soos die R101 tussen Hammanskraal en Pretoria. Ry elke oggend en middag die pad in spits-verkeer, en staan verstom dat daar nie baie meer noodlottige ongelukke plaasvind nie. Selfs taxi-bestuurders (lees: hanteerders) wat duidelik kleuters vervoer, seker na ‘n dagsorg-sentrum, het eenvoudig nie ‘n saak nie. Het al baie gewonder of die ouers bewus is hoe onverantwoordelik die mense die taxi’s hanteer en dit met hul kinders in die voertuig….

Sally ·

Soos die koerante voorheen berug het, word sommige bestuur lisensies gekoop. Weet nie wat beteken ‘n sperstreep of ‘n rooi verkeerslig ens. nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.