Twee brand dood in winkel

Foto: Verskaf.

Die polisie in Waterval buite Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo het ʼn ondersoek begin nadat twee mense Dinsdagoggend in ʼn winkel doodgebrand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:30 plaasgevind.

Lede van die gemeenskap het na bewering vlamme op die winkel se dak gewaar en onmiddellik die polisie in kennis gestel.

“Twee mense het doodgebrand en die inhoud van die winkel is heeltemal vernietig,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is die motief vir die voorval nog nie bekend nie. “Ons kan in dié stadium nie bevestig of vuilspel betrokke was of nie, maar dit is ʼn moontlikheid.”

Enigiemand met inligting oor die voorval is gevra om kapt. Boshomane by 079 894 5501 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.