Twee brand erg toe vliegtuig val

Foto: Verskaf

Twee mans het erge brandwonde opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Woensdagoggend buite Bethlehem in die Vrystaat geval het.

Volgens omstanders op die toneel het die vliegtuig geval kort nadat dit opgestyg het. Daar word vermoed dat die vliegtuig se enjin gestaak het.

Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, het aan Maroela Media gesê die vliegtuig het aan die brand geslaan nadat dit die grond getref het. Omstanders het nader gehardloop met brandblussers en die twee insittendes kon daarin slaag om uit die vliegtuig te kom en te rol om die vlamme te blus. Hulle het egter ernstige brandwonde opgedoen.

Foto: Verskaf

“Hulle is op die toneel deur paramedici behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hulle geïntubeer is. Hulle word nou per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem,” het Laesecke gesê.

Maroela Media verneem die mans is onderskeidelik 54 en 24 jaar oud. Hulle name word voorlopig weerhou.

Dit was nie onmiddellik duidelik wat die doel van die mans se voorgenome vlug was nie.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ‘n ondersoek na die ongeluk sal van stapel gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JJ ·

Tyd dat daar strenger reels en regulasies kom by ligte vliegtuie, te veel ongelukke.

Cherokee ·

Te veel ongelukke, sê jy. Kan nie glo dat iemand dit sou kwytraak nie.Vliegtuie in die lug vergeleke met karre op die grond; vliegtuigongelukke is so min dat dit gewoonlik hoofnuus is. Waarom stel jy nie liewer strenger reëls en regulasies voor vir padverkeer nie? Besef jy hoe min vliegongelukke werklik gebeur?

Wat in die geval gebeur het is een van die moeilikste dinge mbt vlieg om te hanteer; rompstaking net bo die grond. Rompstaking het ek gesê, nie enjinstaking nie, alhoewel dit veroorsaak ìs deur staking van die enjin. As dit so sou wees dat ‘n vliegtuig val wanneer die enjin gaan staan, sou vlieg nie een van die veiligste metodes van vervoer gewees het, soos dit wel is, nie. Die enjin moet net nie ophou werk slegs enkele meters bo die grond nie.

Skyspy007 ·

Jy rook jou sykouse JJ, ek vlieg reeds 38 jaar met GEEN insidente of ongelukke nie. Nes Cherokee tereg sê is die tyd slegs voor landing en net na opstyg die kritiese fase van enige en alle vlugte en vliegtuie. Jy weet duidelik nie waaroor dit gaan nie JJ.
Jammer aan die beseerdes van die vliegongeluk (insident), hoop dit gaan sommer gou beter

Tino ·

JJ, jy weet duidelik nie dat oor regulasie en gebrek aan kennis Algemene lugvaart so versmoor het dat dit bykans nie kan voortbestaan nie. Die vereistes waardeur ‘n vliegtuig en ‘n vlieenier moet gaan om geliksensieer te wees is abnormaal streng. In eerste wereld lande het lugvaartowerhede regulasie verslap omrede groei in die industrie te stimuleer.

Lerato ·

‘n Kaptein in die Lugmag het jare gelede vir my gesê, hy is “nie dapper genoeg om met ‘n klein vliegtuigie te vlieg nie”

Dit komende van iemand wie se lewe dit is om veg vliegtuie te bestuur.

Wortelpoop ·

Stem saam Cherokee, jy is aan jou lot oorgelaat op daardie hoogte. Sterkte as die twee.

Tino ·

Dus gaan jy die ekstra R10k ‘n uur se kostes borg vir 200 ure (R2m) om ‘n kommersiele vlieenier op te lei op die grooter vliegtuig, borg? Ek kan my bankbesonderhede vining stuur. dankie

Almal begin maar op die kleiner vliegtuie wat ook nie vandag vir minder as ‘n R1500 n uur loop nie, vir jou inligting

John Samuel ·

‘n Vliegtuig se engine ‘staak’ nie, dit is nie n staatsdiens-werker nie. ‘n Meganiese produk raak onklaar.

Cherokee ·

In die wêreld van vlieg gebruik ons Engelse terme. wat in ‘n gesprek soos hierdie, vertaal word. Wat sal jy sê wanneer ek jou vertel dat daar ‘n lugspoedstaking is… wanneer die enjin100% werk maar die romp staak of weier of verder te vlieg. Die romp raak nie onklaar nie, let wel. Dit weier bloot om te vlieg omdat daar nie genoeg lugspoed verskaf word nie. Hierdie is ‘n ander wêreld. Hoe sal dit vir jou klink as ek sê dat kan gebeur dat ‘n vliegtuig se een vlerk vinniger as die ander een vlieg? Klink vreemd nê. Dit kan wel gebeur. Dit is wanneer ‘n vliegtuig in ‘n tolvlug beland. En ek gepraat het van enjin kan ophou werk wanneer net bo die grond, en die oplossing is dan om spoed om te sit in hoogte. Hierdie byvoeging by jou kommentaar is net om te verduidelik dat oplossings in die wêreld van vlieg nie noodwendig in HAT gevind word nie. :-)

Se maar net ·

My man werk by die vliegveld… Die vliegtuig het opgestyg, daar het blykbaar n rukwind opgekom en blykbaar die vliegtuig geflip.

Cherokee ·

Sinvolle verduideliking… onverwagse sterk sywind wat ‘n vlerkpunt grond laat tref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.