Twee brand met gewere op polisiemanne los

Van die skade aan die voertuig. Foto: Verskaf

ʼn 26-jarige polisiekonstabel is in Limpopo geskiet en gewond toe twee aanvallers losgebrand het op die staatsvoertuig waarmee die beamptes gery het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het Maandagaand gebeur toe twee beamptes op ʼn klagte by ʼn plaaslike myn naby Burgersfort gereageer het.

“Toe die lede ʼn spoedhobbel genader het, het ʼn Toyota Etios van agter af verby hulle gejaag en hulle verbygesteek,” het Mojapelo gesê. “Die beamptes het die voertuig se blou ligte aangeskakel in ʼn poging om die Toyota van die pad af te trek. Die voertuig het skielik gestop en twee verdagtes met gewere het uitgespring en op die polisiebeamptes losgebrand. Hulle het spesifiek op die insittendes in die polisievoertuig gemik.”

Volgens Mojapelo is die konstabel teen die kant van sy kop geskiet en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die ander beampte is ongedeerd. Die polisievoertuig is erg beskadig.

Mojapelo het gesê die aanvallers is na bewering deel van ʼn groep verdagtes wat inwoners van Burgersfort, Jane Furse en Groblersdal teister.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en opsetlike saakbeskadiging.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wilma ·

SA die land van wetteloosheid en die regering sit arns gevou

John Samuel ·

Die ‘regering’ kannie gesien word dat hulle Enigsins teen hulle “voter base” optree nie….

Walter ·

Als al die respek oor die muur is en wetteloosheid is die norm kan n mens nie anders verwag nie.
Wonder hoelank dit nog gaan vat vir die oorheid die bessef gaan kry dat wat jy saai jy maai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.