Twee brandbestryders sterf in Jhb-brand

Argieffoto

Argieffoto

Twee brandbestryders is vroeg Sondagoggend dood in ʼn brand in die Johannesburgse middestad.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is ontbied na ’n brand by ʼn gebou in Von Wiellighstraat. Twee brandbestryders was in die brandende gebou vasgekeer.

Volgens Vermaak is een van die brandbestryders omstreeks 01:00 deur kollegas uit die gebou gebring. “Hy het geen tekens van lewe getoon nie en paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas maar kon nie daarin slaag om hom by te bring nie.”

Vermaak het gesê die ander brandbestryder is omstreeks 03:00 uit die gebou gebring. Hy is ook op die toneel dood verklaar. Vier brandbestryders is op die toneel vir verskeie beserings behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

So jammer, mense wat ander help en dan in die uitvoering van hul pligte sterf. Sterkte aan familie en vriende

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.