Twee broers in Pta-slaghuis doodgeskiet

Die Blou Bul Vleis- en Vismark in Pretoria. Foto: Google Maps

Die Blou Bul Vleis- en Vismark in Pretoria. Foto: Google Maps

Twee broers, wat ʼn slaghuis in Pretoria besit, is vroeg Maandagoggend in die slaghuis doodgeskiet.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn rooftog het omstreeks 06:05 by die Blou Bul Vleis- en Vismark in Paul Krugerstraat plaasgevind.

“Vyf verdagtes het glo die slaghuis binnegekom onder die voorwendsel dat hulle iets wou koop. Hulle het vuurwapens uitgeruk en die eienaars van die slaghuis doodgeskiet,” het sy gesê.

Volgens Selepe het die verdagtes met ʼn boks vol kontant gevlug. Dit is nie bekend hoeveel kontant in die boks was nie. “Op die beeldmateriaal van veiligheidskameras kan gesien word hoe die verdagtes in ʼn silwer-grys Mercedes Benz en ʼn wit Mercedes-Benz vlug.”

Selepe wou nie onmiddellik die name van die oorledenes bekendmaak nie.

Sy het gesê enigiemand met meer inligting oor die voorval, word versoek om die polisie by 08600 10111 te skakel of ʼn SMS na 32211 te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Annie ·

Sterkte aan die familie – wreed, wreed wanneer gaan dit eendag alles ophou .

Takkie ·

Wanneer dink jy? Hande in die lug gooi en petisies gaan nie help nie.

Paul Kruger ·

Wanneer gaan dit ophou? As ons reaksie nie meer bestaan uit blote “sterkte aan die familie” nie.

Riaan ·

Waneer ons eendag van ons agterenta afklim en ophou vra waneer gaan dit ophou, kla en huil en waneer ons onsself begin help…God helps those who help themselves..want dit gaan nie ophou nie.

Wim ·

Een van die pa’s wat dood geskiet is het 3 kinders en was n ongelooflike pa – sy een seun is seker nou nommer 1 in SA seuns onder 11 gholf – en sy kinders was absoluut mal oor hulle pa!! Wat hier gebeur is genocide.

Bambi ·

Elke keer as ek afrikaanse kommentaar lees, sê almal dieselfde ding.
1. Doodstraf. Ok mense . dit gaan NOOIT gebeur nie!
2. Ons moet saamstaan, oorlog kom. Ons klein volkie staan nie n kans nie!
3. Wees bewapen. Ok. Dit is seker beter as niks. Maar kom ek vertel vir julle. Maak nie saak hoe jy na die tooekoms kyk nie. Die wit getal teenoor swart is besig om dramaties te verminder. Ons kan uithou, maar begin meer langtermyn dink en wees prakties!
Hoe gaan dit lyk oor 5, of selfs 10 jaar? 4. Ons moet terugdraai na God toe. Baie idealisties. Maar God het ook vir n paar mense iets wonderlik gegee. COMMIN SENSE!

Kan dinge handomkeer verander ? Logies gesproke_ NEE! DIT WORT ERGER. Dit gaan nie beter word nie. Volgende is dit dalk julle en julle kinders.

Oplossing? As julle die toerusting, finansies en skills het om te immegreer, doen dit! WORD WAKKER!

Skokkend ·

Nog moorde wat ongesiens gaan verbygaan behalwe vir die familie en vriende. Die MISDADIGERS het die land oorgeneem en die Parlementariers en ons President sit en giggel oor moorde op Blankes.

piet ·

Dit gaan erger word soos by die dag gesien word en ons probleem almal praat maar niks word gedoen lyk daar word maar net gewag vir beter dae wat nie gaan gebeur nie

PJ ·

de klerk en kie nou rèrig baie baie dringend asb stel dai wigte en teenwigte oombliklik in werking asb

Elize ·

Van wanneer af het mense wat Mercedes Benz motors kan bekostig, nodig om geld te steel?

angeline ·

Mercedes is nie meer so duur nie. Die berig se nie of dit ou of nuwe moedele was nie. Ek kan ‘n merc optel vir 50 – 70000 kry.

Kobus pieterse ·

Hulle gebruik merc want hulle is vinnig en veilig ook om pantser geldwaens van die pad te stamp merc karre almal gehijackte karre.

Elize ·

Een van die dae loop hierdie diewe straat-op en straat-af en mense in hulle winkels skiet, mense by robotte beroof, so dapper het hulle al geword … dit raak by die dag erger. Ek is al te bang om alleen in die straat te loop.

j ·

dit laat my bloed kook dit is tyd dat die doodstraf terug gebring word – hulle skree almal oor mense regte maar wat van die arme mense wat so uitgewis en uitgemoor word het hulle nie ook regte nie. wat van hulle families – my inige simpatie gaan na hulle toe

Johan ·

Julle wil die doodstraf terug bring, maar die groot probleem is dat die krimineel wat deur die hof proses moet gaan, nie eers gevang word nie, agv. swak polisie diens in ons land, en die feit dat hulle nie omgee vir moorde op blanke mense nie!!!

Sakkie Nel ·

Die moontlikhede om besighede te begin ten einde werk te skep raak al hoe moeliker. Dit is net nie moontlik vir besighede om hulle behoorlik teen hierdie booswigte te beskerm nie.

Gerda Venter ·

My innige meegevoel aan die families. Ons kan maar net bid vir veiligheid en ek stemsaam. Due doodstraf moet weer ingestel word.

M'Lady ·

Jong mense emigreer so vinnig as wat julle kan. Ons ouer mense is “sitting ducks”. Ons is binne vyf jaar almal uitgemoor danksy F W de Klerk.

Yolandy ·

As ek geld gehad het om te immigreer, het ek al lankal my tas gevat en gewaai en ek vat my ouers en sussie hulle saam.

Andre ·

Beskerm eers jou SELF ! … daarna jou familie, eiendom, bure, areas, DIE LAND!

Alle praatjies help NIKS !

DOEN dit net!

Chivago ·

Andre en hoe moes hierdie mans dit gedoen het? Dis ‘n besigheid waar enigiemand mag instap onder die voorwendsel van “klient”

JC ·

As jy wil, sal jy uit die land kan kom en dit is baie maklik. Koop vir jou n vlieg kaartjie. Soek werk in Australia. Laat die persoon jou in sponsor. As jy rerig wil, en jy het die guts soos wat ons gehad het 14 jaar gelede, dal jy dit doen.

Catryn ·

Tragies … om verwyte te gooi gaan nie enige geliefdes terugbring, ons moet werk aan ons WEERBAARHEID, paraatheid en ook aan ons eie Selfbeskikking, waar ons onsself beter kan beskerm en mekaar beter ondersteun as ons nader aan mekaar bly/werk. Ons het ‘n internasionale reg daartoe.

Lizelle ·

Ware en wyse woorde Catryn- dit gaan nie oor ras nie, maar ons as mense. Swart, wit, bruin- ons moet saamstaan as ‘n nasie – goed teen boos.

Andri ·

Ek lees al die kommentaar en oral kan ek sien mense is bang en party wil landuit vlug. Dit gaan nie veel beter oorsee nie, as jy gebore is in Suid-Afrika is dit jou geboorte grond en jou plig om op te staan en jou stem te laat hoor. Jy is net n sitting duck omdat jy niks doen. Die Suid-Afrikaner het reg om op te staan, of jy pienk, geel, pers, wit of swart is. Hierdie is jou LAND veg daarvoor staan op saam met die duisende en wees produktief behulpsaam. As jy nie kan veg nie kan jy saam duisende op jou knieë gaan en bid. Ons moet n weermag en buurtwagte op die been bring sodat geeneen n sitting duck is nie, het jy genoeg mannemoed? Of dan n verraaier wat stert tussen die bene gaan weghol,as jy is dan immigreer baie vinnig maar oral in die werêld gaan dit so. Vertrou en wees n Man of n Vrou wat nie genoeg guts gehad het om vir haar/sy Land te veg. Die land Suid-Afrika is jou GEBOORTEREG, elkeen wat binne die grense van ons Land gebore is het reg daarop. Daar word soveel propaganda versprei oor rassisme, hierdie mense probeer net sensasie soek en iemand met genoeg brein sal ophou reageer op dit. En dit is tyd dat ons saamstaan en hierdie misdadigers op hul neuse laat kyk.

M Conradie ·

Goeiemore Andri. Was jy al oorsee? Daar is meer as genoeg lande oorsee waar dit beter gaan as in SA. Niemand het ‘n plig om op sy geboortegrond te bly nie. Ons voorvaders het ook hulle geboortegrond (Europa) verlaat – was hulle ook verraaiers? Die Voortrekkers het ook hulle geboortegrond (die Kaap) verlaat – volgens jou definisie ouens wat stert tussen die bene weghol? Die wat agtergebly het, het seker so gevoel… Ek sien dit eerder as my plig om my kinders te beskerm en as dit my oortuiging is dat dit nie meer moontlik is in SA nie, dan tree ek in my oortuiging op. Kan ons mekaar eerder respekteer as slegsê? Ek is so siek en sat dat ons volkie ‘n mentaliteit het waar almal wat van jou verskil, sleggemaak word. Kerk, politiek, skool, opvoeding, rugby… noem maar op. Ek belowe jou, ek het baie guts. My man ook. Guts keer nie ‘n koeël nie… Hoeveel kinders word in SA groot waar die pa of ma met guts en al begrawe is?

Ek sien jy maak staat op jou reg as landburger – daarom sluit ek hiermee af:
‘Here lies the body of William Jay,
who died maintaining his right of way.
He was right, dead right, as he sped along,
but he is just as dead as if he were wrong’

charlene ·

Die motief was nie roof nie…dit was om te moor. Die geld wat hulle gevat het, was net ‘n bonus. Baie baie sterkte aan die familie

Peet J ·

Ja, en die politieke partye wat vir selfbeskikking staan kom ook nie sover om vir ons te sê waar die beloofde land gaan wees nie. Ons kon lankal daarheen verhuis het en ‘n ordentlike sekuriteit stelsel beplan het. Nee maar daar moet gewag word vir internasionale toestemming van die buiteland.

John Christo ·

Eks jammer om te hoor van die naasbestaandes se verlies. Maar wat soek hulle met n boks geld op die perseel. Dis mos vir moeilikheid soek. Elkgeval iemand in die binnekant wat daardie inligting moes versprei het

CWS ·

So jammer dat mnr FW de Klerk altyd beswadder word. Maar na al die goeie jare word nie gekyk. Ons het mos baie goeie politieke leiers soos die Mulders bv..maar saamstaan aikona!! Haal die woord Boer uit plaas moorde en groot byeenkomste soos Buchan saamtrekke want daar word polisie-sekuriteits wagte-gewone mense in dorpe- winkel en slaghuis eienaars ook vermoor. Want boer word aan blank gekoppel, en elke moord erger as erg.!!!! En almal word geraak deur moord. Net my beskeie mening….dankie vir geleentheid maroela..!!!

M'Lady ·

CWS, dis agv F W de Klerk dat ons in hierdie gemors sit. Hy het liggewigte die onderhandelings laat doen waarvoor hy in elk geval nie n mandaat gehad het nie. Ek weet van geen land wat op n silwer skinkbord weggee is soos Suid-Afrika nie. Jy het dalk goeie jare gehad maar ek kan jou verseker baie van ons het nie. Ek sal ook nie die broers goeie leiers noem nie. Hulle is tjoepstil in die parlement. Sit net daar om n groot salaris te verdien.

Albert Smit ·

Eerstens HET FW de Klerk ‘n mandaat gehad. Hy het die verkiesing van 1989 EN die Referendum van 1992 (BAIE vêr) gewen. Tweedens kan ‘n land net “weggegee” word as dit oorhandig word aan buitestanders. Wat NIE hier gebeur het nie. Hy het wel die regering van die land oorhandig aan die meerderheidsparty (Suid Afrikaanse burgers) wat ‘n verkiesing regverdig gewen het.

Hoe die land regeer is sedert 1994, is ‘n totale aborsie. Ons weet dit. Alles word deur gatte getrek. Ons weet dit.

Maar as ek elke persoon moet tel wat sê hy het NEE gestem en nou vir FW en die JA stem kritiseer, is daar skielik meer NEE stemmers as wat daar Witmense in die land is. Miskien moet ons ophou skuld en blaam pak. Ons gaan ons eie probleme moet oplos.

Erick ·

Ons grootste vyand is liberale dominees en gemeenskapsleiers wat die hande van die volk pap maak. Breek los van sulkes. Red jul lewens.

HeinRich ·

The Jews taught me:
Beware of the rear side of a horse,
the front side of a woman
and all sides of a priest

Kobus Pieterse ·

Merc geroofde karre vinnig en veilig as hulle gejaag word en in ongeluk kom gebruik ook om geldwaens van die pad te stamp.

rose ·

Piet ek weet nie wat moet ons doen nie…ek dink die hele land voel daar moet iets gedoen word. Die mense wat die moorde pleeg is die grootste lafharts hulle kom in hulle horders altyd meer as een…hulle kan nie alleen kom nie want soos dit nou maar is kom lafharte altyd meer as een..dalk het jy raad ek het nie. Ek voel bitter jammer vir daai mense. Mens worder wie is volgende

Jaco Grobler ·

So jammer vir die families, dis hartseer en skokkend. Ons samelewing is baie siek, hoe kan groepe vorm en moor, en aanhou moor, dis ook nie asof hulle ‘briljante kriminele’ is nie. Die gewone publiek moet tog weet van die mense, hoe en wanneer hulle bymekaar kom, en wat hulle doen, hoe hulle opereer, om intel in te win behoort relatief maklik te wees.

Oom Walker ·

Albert Smit is reg. Om aan te hou sanik oor wie wat destyds gestem of nie gestem het nie, gaan niks aan die huidige gemors in hierdie land verander nie. Om die doodstraf terug te wens is ook nie die oplossing nie – dit gaan (jammerlik) nooit ooit gebeur nie. Donald Trump is ook nie, soos sommiges nog steeds glo, die messias wat die land op een of ander wonderbaarlike manier gaan kom red nie.

Lena Jonk ·

Donald Trump probeer darem om die kriminele uit Amerika te hou om sy mense te beskerm. Dat mense in SA dink hy moet sy land verwaarloos om vir SA veiligheid te gee, sy plig is sy land eerste. Moenie al die snert wat in SA van hom vir soetkoek opeet nie. Hy is so sterk leier as wat dr Verwoerd was en sy lewe is beiendig deur n krimineel, CNN se nuus en verslaggewers vir SA se nuus is alles nonsence. Ek glo deur die Genade van Bo gaan hy n reuse sukses maak soos SA ook as hul n leier het wat veg vir sy mense. Ons bid vir julle ook.

Marthin ·

Ons maatskappy in Nelspruit is Vrydag oggend ook geroof deur manne met ñ wit Merc

Boodskapper ·

Die beker van goddeloosheid nog nie vol nie en die uurglas nog nie leeg geloop wanneer die lewende God Skepper sy grimmigheid gaan uitstort en die goddelose totaal gaan verwoes soos met Noag se vloed nie.
MAAR dit klimaks is byna bereik en genadetyd reeds verby.

christo ·

Die blankes van Suid afrika moet eers op hulle knee voor hulle God kom en erken ons het hom verloon en ons rug op hom gedraai en op ons eie krag gesteun en nie sy gebooie onderhou .Gaan lees maar Josua hoofstuk 1 en u sal saamstem dit is waar ons probleem is. Ons moet eers regmaak.Hoe hou ons Sondag vir n eenvoudige voorbeeld Waar is ons volk ,in die kerk of op die sportveld en winkelsentrums?

Gerhard ·

Die skrif is aan die muur- emmigrasie is die enigste manier hoe ons sal oorleef. Moet nie te lank wag nie………….

Frans C ·

Die 1992 referendum was seer sekerlik een van die grootste blufverhale in die geskiedenis van die Suid Afrikaner.Lees gerus de Klerk se woorde onder Hartlander.

Waar ek gewoon het het vlae en baniere hoog gewapper met slagspreuke soos eie distrikte.eie skole en ‘n verder ‘n belofte van ‘n eie tuisland,gewapper. Ek was baie nou gemoeid met politieke partye en het gewaarsku dat dit totale oorgawe aan ‘n swart regering was.

Niemand wou dit glo nie want daar sou mos ‘power sharing’ plaasvind en toe kom chaos ipv demokrasie.My voorspelling dat die ANC met as 60% van die stemme sou kry is uitgelag
tot so’n mate dat sommige ‘ja’stemmers net daar en dan in ‘n onderonsie wou betrokke raak.

Vandag loop hul wye draaie om my en het een dan skamerig erken dat hy nou vir die regte
party stem. Ander sê weer,jammer hoor ,jy was reg, die land is in sy moer, ons het nie geweet nie ens.

Dus bly die ou spreekwoord van :Think before you ink’ ook in verkiesings waar.

Peet J ·

M’Lady, ek stem 100% saam met jou kommentaar. Ek wil net byvoeg F W de Klerk en sy helpers was volgens my oordeel uiters kortsigtig inagnemende die toestand wat geheers het met betrekking tot ons blankes in die aangrensende swart state, de Klerk kon beter voorsiening vir al ons ” nee stemmers” in die wonderlike Grondwet gemaak het.

M'Lady ·

Dankie Peet J. Die sogenaamde grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Albert Smit woon verseker in sy eie klein wereld.

Cherokee ·

Albert Smit praag egter die waarheid in die laaste paragraaf. Skielik het almal ‘nee’ gestem. Vele daarvan is openlike leuens want as mens almal moet glo wat sê dat hulle nee gestem het sou die ja-stem nie gewen het nie. Die res van sy en CWS se skryf is net verskoning soek omdat hulle ‘n aandeel het is wat aangaan.

Ek is een van die min wat kan bewys dat ek nee gestem het. Was die voorsitter van die HNP in ons wyk en het die nee-tafel beheer. Daar was ook ‘n glimlag daardie dag toe ek die ja-kandidaat wat die destydse adjunk minister van landbou was, probeer oorreed het om nee te stem by ons tafel. Hy het my met ‘n glimlag die beste organiseerder genoem wat hy ooit ontmoet het:-)

Ek het na die referendum gesê dat mense (later) skaam gaan wees om te erken dat hulle ja gestem het. Ek het relatief onlangs gesê dat mense skaam gaan wees om te erken dat hulle DA gestem het. Albei voorspellings is reg.

Grotman ·

CWS jy het geen idee waarvan jy praat nie. FW is n traitor en sal so bekend staan vir ewig. Jammer oor die twee broers! Het altyd daar vleis gekoop. Ek het altyd gedink die area is gevaarlik.

Rina Vermeulen ·

Ek voel die radeloosheid onder my mense en weet ons is by ñ kruispad tragies om te hoor van elke moord. Wat nou waarheen ?Die regering sluit ons uit op elke terrein en hulp kan nie uit daardie oord verwag word nie. Almal het nie die fondse om te immigreer nie ek’s een en my gesin.Om die ja stemme te blameer gaan nie help nie ek en my man was nee stemmers.Om te sê ons moet opstaan en veg is nie moontlik nie huls baie meer as ons.Die polisie en weermag is net hulle mense die meeste.Ek glo en bid maar dis nie genoeg nie. Ons het verstand om te weet iets moet ons doen ook maar helaas ek weet nie.

anne ·

So jy ry met Benz’s rond maar dit is nie genoeg nie jy moet nog meer steel. Dan praat ons ook nie van die vrou en kinders wat sonder eggenoot en pa gelaat word nie. Siellose monsters. Dagvaar die regering

Leo ·

De klerk en sy meeloper is verraaiers
Ons kan nie landuit nie
Ons sal moet veg en bid vir genade. Ons moet ons Gelofte weer hernu!

HeinRich ·

As ek na al die roof en moord stories luister, dan wonder ek:
Ons weet ons bly in a gevaarlike land. Hoekom maak die mense nie voorsiening nie? Het die slaghuis genoegsame veiligheids maatreels gehad?

Milli ·

Ja ek stem heinrich ons wittes is almal teikens en so sal ons maar moet aanpas en jouself en jou huis en alles beveilig berei jouself voor en bepaal en oefen wat om te doen as jy gedreig of geroof word wees voorbereid !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.