Twee broers sterf saam in gru-ongeluk

Foto: Verskaf.

Twee broers is vroeg Donderdagoggend in ʼn gru-ongeluk op die Soutpanpad (M35) in die Bon Accord-omgewing, noord van Pretoria, dood toe die motor waarmee hulle gery het ʼn perd getref het.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 plaasgevind toe die mans se Toyota Etios ʼn perd getref het.

Die perd is ook dood in die voorval.

Volgens Loubser is die passasier wat op die voorste sitplek gesit het, vermoedelik in sy dertigs, op slag dood.

“Ons het vir ʼn geruime tyd probeer om die bestuurder wat kritiek beseer was te resussiteer, maar ongelukkig was die pogings nie suksesvol nie en die man is ook op die toneel dood verklaar,” het Loubser gesê.

Die bestuurder en die passasier was broers. Hulle was glo op pad terug na hul plaas toe van ʼn winkel af toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Loubser is ʼn tweede passasier met geringe beserings per ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

VanAfrika ·

Ja Gerrit, die bestuurder en 2 passasiers, een wat die broer is het langs die bestuurder gesit wat die ander broer was en dan nog n “tweede” passasier op die agter sitplek, dis van self sprekend. Lees weer die artikel. Die artikel se duidelik die “tweede ” passasier. Die bestuurder kan nie n passasier wees nie want hy is mos nou die bestuurder.

Francois ·

Dis verskriklik – sterkte aan die families.
My broer is ook so weggeneem – was net n bees.

Met Paasnaweek wat voorle – ry versigtig mense!

Marianne ·

God het ‘n doel met almal se lewens, mens bevraagteken die dood. Mag Hy krag en genade aan hul familie en vriende gee.

Cherokee ·

Motoriste moet in die nag ‘n spoed ry waarmee die motor tot stilstand gebring kan word in die afstand wat die ligte strek. Want anderkant daardie ligte is dit donker en jy weet nie wat daar skuil nie. Daar moet stilgehou kan word in die ent wat gesien kan word.

Wagter ·

Harde maar wyse woorde. Dankie Cherokee vir jou wyse kommentaar altyd. In die donker op afrika paaie moet mens ongelukkig stadig ry ja want mens weet nooit wat van voor of vankant kom nie.

Koos ·

Dis nou belaglik. Lig strek nie baie ver. Moet ons nou 40 km per uur ry?

Janice ·

Ek wil net se vir almal wat komemtaar lewer. Dit was my niggie se mam en sy broer. Hy laat 3 klein kinders agter en sy vrou. Die was ook die pa en ma se enigste 2 kinders. So asb as jul nie weet wat gebeur het nie of daar was nie. Laat ons dat maar positief hou terwille van die familie. My nig ons dink aan jul. Baie liefde xxx

Liezl ·

Dis verskriklik, Janice. My innige meegevoel met julle as familie. Dis baie hartseer. Daar is nie woorde nie. Mag julle vertroosting vind in ons Vader. Met als is daar ‘n doel, alhoewel die doel nou net mooi glad nie sin maak nie. Maar eendag sal ons weet hoekom als gebeur het soos dit gebeur. Verskoon maar die negatiewe kommentaar, elke mens het ‘n gedagte of ‘n idee in sy kop wat hy wil uiter. Hier uiter enigiemand net wat hulle wil en hulle kom weg daarmee. Weereens sterkte xxx

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die Familie, dit is baie hartseer om 2 kinders saam te verloor? ek kan net dink hoe erg dit moet wees vir die persoon wat saam hul gery het? wonder of dit n vriend of familielid was….alreeds voor die paas naweek begin was daar al klaar soveel ongelukke, soveel mense wat gesterf het… en” Spoed..”. ja maybe het hul vining gery maar dit is nie nou die tyd om te oordeel, maar eerder n Gebed te doen vir die 2 Broers se ouers, en Familie… wat deur al die hartseer moet gaan en dit voor Paas Naweek… Sterkte aan die Familie –

Ina ·

Dit is nie altyd spoed nie. Ons was ook in n motor ongeluk, waar n perd voor ons motor ingehardloop het. Ons het net uit Richmond vertrek en was net op die pad (donker) toe n perd voor ons inhardloop. Geen spoed nie en dit het nog steeds gebeur. Ons was egter gelukkig en al 4 insittendes het ongeluk oorleef, alhoewel met heelwat beserings.
Sterkte vir die familie !

Liefie ·

Genade maar die deursnee Afrikaner is darem n negatiewe klomp. Genade ons kan nie help om oor nonsens aan te gaan nie. Mense is dood dit is die punt. Wat maak dit saak hoeveel.

Lizelle ·

Ag man!!! Die mense wat so negatiewe kommentaar lewer, hou dit vir jouself of moenie hier kommentaar lewer as jy nie iets goeds kan se nie!!!!!! Niemand weet hoe vinnig hulle gery het nie. My niggie en haar 3 kinders het n man en pa verloor, dis erg en hartseer genoeg. Sterkte, julle is in ons gebede. Baie lief vir julle.

bianca ·

die twee broers wat oorlede is is my neefs, my boetie was die 3de persoon. hul was opad huis toe van die werk af. en ek wil net vir die persoon wat sy kommentaar oor spoed gee se dat as daar iets skielik voor jou in die pad in spring is daar nie ‘n kaans dat jy net sal kan stop nie tensy jy seke kruip. dankie vir die res van julle…?

Liezl ·

Dis hartverskeurend!Jammer om te hoor Bianca. Sterkte vir jou boetie se herstel!

Tanya ·

Bianca. So jammer vir julle. Mag julle en die ouers van jou neefs vertroosting vind. En ons bid dat jou broer sal herstel na die ongeluk.

LB S ·

Soveel te meer in ‘n Etos, dis maar ‘n klein ou karretjie. Innige simpatie vir julle familie en veral die ouers wat nou altwee hul enigste kinders verloor het.

Wonder ·

Mag die Vader julle saggies en teer in sy hand van vertroosting hou.

Johan Kruger ·

Ek sien baie forensiese kenners lewer kommentaar. As die petd van die sy kantvaf in pad oppervlak inbeweeg het wat dan? My swaer ook laasjaar in daardie omgewing oorlede met beeste wat in pad was.

Ina ·

Ek stem saam. Hoekom altyd dink dit is spoed. Weet julle hoe vining so n ongeluk gebeur al is jy hoe versigtig. Ons kan nie oordeel nie. Tensy jy die ongeluk gesien gebeur het, dan kan jy n opinie gee. Omdat ek hierdeur is weet ek hoe vining dit kan gebeur. Dink aan die familie. Dit is baie hartseer. Sterkte.

Rikag ·

Sterkte aan die familie mag die Liewe Vader sy hand oor julle you.

Inwoner vd Area ·

Baie Sterkte aan die Familie en Vriende in hierdie hartseer tyd. Daar moet ondersoek ingestel word, dus ni die eerste keer wat perde op daai pad lewens of ernstige skade eis nie.

Muffin ·

Ek het nie woorde nie. Om 2 seun op een slag te verloor is baie baie erg. Sterkte vir die hele familie. Die eienaar van die perd is seker nou weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.