Twee broers sterf toe rowers op winkel toeslaan

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Ses mans van Limpopo staan tereg op aanklagte van moord en gewapende roof nadat hulle glo twee broers doodgeskiet het tydens  ʼn rooftog by ʼn winkel in Bochum.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdag omstreeks 21:30 by die Glenfenis-nedersetting gebeur. “George en Joseph Lebogo, albei in hul 70s, is op die toneel doodgeskiet. ʼn Verdagte is in die been gewond en na ʼn hospitaal geneem,” het Otto gesê.

Die verdagtes het glo met ʼn Toyota Hilux-bakkie wat aan George behoort het, gevlug.  Die voertuig is later verlate in die nedersetting gevind. “Ná ʼn grootskaalse soektog is vier van die verdagtes Vrydagoggend in hegtenis geneem. Die ander twee is oor die naweek vasgetrek,” het Otto gesê.

Volgens Otto is daar ook op drie 9mm-vuurwapens beslag gelê waarvan die reeksnommers afgevyl is. “Die verdagtes word ook verbind met ander sake in die omgewing, soos veediefstal en huisbrake.”

Die verdagtes sal Maandag in die Bocchum-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.