Twee broers vas oor liggaam in kattebak

misdaadtoneel

Argieffoto

Twee broers, onderskeidelik 30 en 38 jaar oud, is laat Maandagaand in hegtenis geneem ná polisielede van die Potchefstroom-blitspatrollie in Noordwes ’n jong vrou se liggaam in die hul motor se kattebak gevind het. Die vrou was glo een van die broers se meisie.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê polisielede van die Potchefstroomse blitspatrollie-eenheid was op patrollie net buite Potchefstroom naby die Ikageng-informele nedersetting toe hulle ’n verdagte Volkswagen Polo Vivo in Jeppestraat gewaar. “Die polisie het ’n u-draai gemaak en die verdagte motor agterna gesit,” vertel Myburgh.

Die motor is glo tot stilstand gedwing waarna die polisie die liggaam van ’n 26-jarge vrou in die verdagte motor se kattebak gevind het. Die twee broers is onmiddellik in hegtenis geneem op die aanklag van moord op die vrou.

Myburgh het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene na bewering die 38-jarige verdagte se meisie was. Die verdagtes en die oorledene was inwoners van die Ikageng-  informele nedersetting, net buitekant Potchefstroom.

Die verdagtes sal more in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het haar skok oor die voorval uitgespreek. Sy het die polisie geloof vir hulle goeie werk om die skuldiges vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christa ·

Op en wakker polisie daai. Die mense het geen genade vir n lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.