Twee broers vas oor onthoofde lyk

Argieffoto

Twee mans, onderskeidelik 29 en 31 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ʼn middeljarige vrou se onthoofde liggaam Maandag deur familielede in haar slaapkamer aangetref is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê dié mans is die vrou se jonger broers. “Hulle is in hegtenis geneem en positief verbind met die saak,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vrou se onthoofde liggaam is Maandagoggend vroeg aangetref. Haar kop is intussen in nabygeleë bosse gevind. Sy is deur die polisie as Irene Mopai (40) geïdentifiseer.

Ngoepe het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die motief vir die moord ʼn huishoudelike twis is.

Die verdagtes sal vandag in die Lulekani-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karolis ·

Kan ‘n persoon wat ‘n ander (nogal familie) onthoof, gerehabiliteer word?

Isabel ·

Genade… met al die negatiewe dinge wat in SA aangaan, moet mens nog sit met mense wat hulle eie geliefdes vermoor… ons land en van sy mense is siek ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.