Twee busse, polisiemotor brand in Braamfontein

'n Polisievoertuig is Dinsdag in Braamfontein aan die brand gesteek. Foto: Twitter

‘n Polisievoertuig is Dinsdag in Braamfontein aan die brand gesteek. Foto: Twitter

Betogers het Dinsdagaand twee busse en ʼn polisievoertuig in Braamfontein, Johannesburg, aan die brand gesteek te midde van #FeesMustFall-betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

Die betogers het die strate in die Braamfontein-omgewing ingevaar en dit met betonasblikke en klippe versper.

ʼn Bus van Wits, ʼn Rea Vaya-snelbus en ʼn polisievoertuig, is tydens die chaos aan die brand gesteek en het uitgebrand. Betogers het ook ʼn brandweerwa met klippe bestook.

Die universiteitbestuur het Woensdag die gewelddadige betoging veroordeel.

Shirona Patel, die universiteit se woordvoerder, het gesê 15 passasiers was op die Wits-bus wat aan die brand gesteek is.

“Een van dié passasiers het vermoedelik die brand begin. Die ander studente het petrol geruik en dadelik die busdrywer in kennis gestel, wat die deur oopgemaak het sodat almal ongedeerd kon afklim,” het Patel gesê.

ʼn Saak van brandstigting word onder meer ondersoek. Patel het gesê die oortreders moet sou gou moontlik in hegtenis geneem en aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Valie ·

Zuma-Afrika tipe demokrasie, sinvolle debattering Afrika styl…?

Alida ·

Stuur die video vir Jacob Zuma and Nzimandi. Hulle weet nie wat aangaan nie.

Charlotta ·

Hulle gee nie om wat aangaan nie. Dit pla ons regering nie n tiekie dat dit gaan soos dit gaan nie

Corrie ·

Dit ruk nou heeltemal hande uit en dit gaan nie stop voordat daar daadwerklik teen die klomp kriminele opgetree word nie. Dis omdat hulle geen konstruktiewe bydrae maak tot enige iets in die land nie en net bakhand staan om alles gratis te verkry. Wanneer hulle nie hul sin kry breek hulle af, plunder en intimideer. Hulle is ‘n handjievol boosdoeners wat ‘n hele land onregeerbaar probeer maak en dié wat wél wil studeer verhinder. Patetiese regeribg. Patetiese “presudent” wat homself en sy maats verryk en die land brand letterlik

Jean ·

Ai jai jai en twee busse wat brand een een polisievoertuig bring julle nou AL hoe nader aan VERNIET opleiding ne? Sjoe julle is super intelligente wesens, julle behoort regtig almal sommer grade te kry aan die einde van die vernietigingsveldtog .. hoekom swot as jys sulke klomp slim mense het vir wie dit sin maak om iets te vernietig om iets ander GRATIS te kry ..

Jean ·

AG REGTIG UNIVERSITEITSBESTUUR, is dit al wat julle kan doen? Die gewelddadige betoging veroordeel? Skors die mense, julle weet wie dit is. Dit is julle slaprughouding wat gaan veroorsaak dat niemand aan die einde van die jaar graadkry nie . .en dat julle ook binnekort sonder werk gaan sit, daarmee gaan ek egter MIN simpatie hê.

C ·

@Jean, dit is al wat die universiteite asook ons wonderlike regering al die afgelope jaar doen, veroordeel net hierdie geweldadige betogings. Intussen moet al die studente wat regtig hierdie jaar net wil verby en klaar kry toetse en klasse nou aan lyn doen. Dit kos ons ‘n klein huisie volg data gelde, ek wonder of die universiteit studiegelde gaan terugbetaal sodat ons dit kan gebruik vir data.

Jean ·

Baie sterkte C ek het regtig simpatie met julle. Julle hande is basies afgekap. Ek hoop julle kom reg met die aanlyn klasse en eksamens sodat julle kan gradueer. Dit is skokkend wat nou besig is om te gebeur. Die universiteitsbesture is verskriklik slap. Teleurstellend van institute wat veronderstel is om studente op te lei en te ‘educate’ soos hulle dit noem. Ek haal my hoed af vir julle. Moet net nooit ophou studeer as gevolg daarvan nie, onthou daar is ook alternatiewe, ondersoek ook Akademia as moontlike opsie vir die toekoms.

Ouvrou ·

Ek onthou ‘n tyd toe mense grappies gemaak het en gesê het: sal die laaste een wat die land verlaat asseblief die ligte afsit. So in die mid 80’s .

Zella ·

Die studente het genoem dat hul hierdie land tot ‘n stilstand sal bring en dit is wat aan die koms is. En die regering voel net ‘n tikkie om oor wat volgende jaar sal gebeur met die nuwe studente… wat van die jare vorentoe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.