Twee by hof vasgetrek vir huisroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 35 jaar oud, verskyn Woensdag in die Klerksdorp-landdroshof op aanklagte van huisroof na ‘n voorval in November verlede jaar.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende mans het ‘n 47-jarige man voor sy huis voorgekeer toe hy op pad was werk toe. Hulle was met ‘n vuurwapen, mes en teëlsnyer gewapen.

“Die verdagtes het die man in sy huis ingedwing voordat hulle hom, sy vrou, die huishulp en ‘n tuinwerker met skoenveters vasgebind het.” Volgens Makau het hulle die egpaar met die vuurwapen deur die gesig geslaan en die vrou het ernstige gesigbeserings opgedoen.

“Die verdagtes het gedreig om hulle met ‘n strykyster te brand en die het tuinwerker probeer dwing om die huiseienaar se vrou te verkrag.” Makau het gesê die verdagtes het ‘n vuurwapen, juwele en ‘n onbekende bedrag kontant gesteel nadat hulle die vrou gedwing het om die kluis oop te sluit.

Die verdagtes het die huis geplunder en ander items soos sonbrille, beursies en horlosies gesteel. “Die slagoffers is na die badkamer geneem, waar hul monde met kleefband toegeplak is. Die verdagtes het gevlug nadat hulle die slagoffers in die huis toegesluit het.”

Volgens Makau is die verdagtes Maandag by die Klerksdorp-landdroshof in hegtenis geneem waar hulle verskyn het in verband met ‘n huisroof vroeër vandeesmaand in Klerksdorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

iemand wat inbreek en voedsel steel, kan n mens nog vergewe want jy verstaan hulle was /is honger. maar hierdie gevalle? dis absolute hebsug. soos die Engelse sê GREED.

Sw ·

Net huisroof klagte? Wat van die ander klagtes? Soos aanranding met die opset om ernstig te beseer, die tuinwerker dwing om n ernstige misdaad te pleeg ens?

Francis ·

Pleit die Bloed van Jesus oor jou en jou gesin voor jy jou huis verlaat of gaan slaap !!!!

tamboti ·

Nee wat, die gereg het bloot ‘n administratiew proses geword om vir al die SAPD en hof personeel ‘n job te gee. O ja, die tronke is maar net oornag fasiliteite vir die misdaad populasie!
Net die wetsgehoorsame publiek (slagoffers) word deesdae fisies en emonisioneel GESTRAF!

Tammy ·

Asseblief n gepaste straf wat in lyn is met die trauma en misdaad, skending van die mense se reg om veiligheid en nog honderd ander vertakkings in hierdie walglike misdaad. Dit voel vir my of die gereg en al sy fasette net n “werkskepping” geword het. Ek is so teleurgesteld wanneer ek sien hoe lig die strawwe is vir die aaklige misdade. Dis skokkend. Hoekom word net die slagoffers nog verder verneder. Misdadigers word deur en deur beskerm. Moet ons nie maar onsself ook vergryp en misdade begin pleeg om onsself te laat geld nie, want dit so hartseer dat ons nie meer op die straf wat die hof gee kan reken nie. Ek is seker baie mense voel net soos ek…uiters teleurgesteld.

Sharon ·

Ek wonder altyd hoe weet die skelms so gerieflik dat daar ‘n kluis in die huis is of is dit maar toevallig.

Milli ·

Ek stem saam Sharon inside job die!! :-)
Die trauma wat die mense moet deurgaan is die ergste! Waar is julle klein wapens mense? Soos net peppersprei kom handig te pas wees paraat julle hulle wag om elke hoek en draai!! Sad but its true

Willie ·

Dra maar ietsie kleins, mes, pepper spray, wees paraat en oppas vir gewoontes, hulle tel mens se patron vining op… heel dag tyd om leeg te, wil nie werk nie, kyk uit vir tuikens… mos te sleg om te werk, n nasie wat net wil he, gee, neem, bedel, steel, moor ents… Ja die SAPD is net administratief vir die wat nie ander werk kry nie… daar is min gesoute Polisie oor…

Ouvrou ·

Hulle breek in, moor verkrag en plunder. Dan ry hlle weg in motors wat n miljoen rand kos. Hulle vlug nie hulle ry bloot net weg na volgende site want dis hulle werk. Dis wat hulle doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.