Twee by lughawe vas oor dwelms

Twee verdagtes is die afgelope twee weke by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo groot hoeveelhede dwelms in hul besit gevind is.

ʼn 23-jarige man sal Donderdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van en handel in dwelms. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem nadat daar glo kokaïen ter waarde van R1,5 miljoen in sy besit gevind is, het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die verdagte is tydens ʼn roetinedeursoeking in hegtenis geneem. Die verdagte is voorgekeer en sy bagasie is deursoek nadat hy van Sao Paolo, Brasilië, in Suid-Afrika aangekom het.”

Volgens Mogale het die 24-jarge Dimitri Keller intussen Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat hy verlede Woensdag by die lughawe in hegtenis geneem is.

Keller het glo probeer om 45 kg van die dwelm Khat op ʼn vlug na Frankfurt, Duitsland, te smokkel. Volgens Mogale is hy in hegtenis geneem nadat sy bagasie deursoek is. Hy moet weer op 30 Julie in die hof verskyn en bly in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Co ·

Hoe op aarde probeer mens 45Kg Khat (Quat) te smokkel? In jou onderbroek versteek?

Wat mense nie besef nie is dat Khat ‘n baie kort raklewe het. In Noord en Sentraal Kenya word die goed op groot skaal gekweek. Sodra die goed ge-oes word word dit letterlik op ‘n baie hoe spoed afgejaag na die “markte” in Sudan, Somalie & dan ok na die Midde Ooste.

Ek was al ‘bevoorreg” gewees om tussen Jordanie en Yemen te vlieg saam met ‘n vliegtuig vol Yemeniete vol Khat, wat ‘n nare ondervinding. Die goed is almal sy getrek soos ‘n gerekte kettie! Weet nie wat bo of onder is nie.

soek nog ·

my liewe aarde bestaan KHAT nog???
dit sal awesome wees om te weet wat maak SAPS met die goed, of beland dit weer op straat?
*vra vir ‘n vriend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.