Twee by lughawe vas oor renosterhoring

Foto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Twee verdagtes is Dinsdagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park in hegtenis geneem vir die besit van tien stukke renosterhoring ter waarde van R2 miljoen.

Die verdagtes, onderskeidelik 36 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat lede van die speurderspan op die lughawe inligting oor die smokkel van renosterhoring opgevolg het.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, was die twee verdagtes op die lughawe om ʼn vlug na Viëtnam te haal toe hulle voorgekeer en hul bagasie deursoek is waarna daar op renosterhoring beslag gelê is.

“Dié inhegtenisneming is een van die vele suksesse in die voortgesette oorlog teen bedreigde spesies en wildmisdade in die land. Die inhegtenisneming kom ná ’n intensiewe en deeglike ondersoek deur die lede van die multidissiplinêre span by die lughawe.”

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van renosterhoring.

Volgens Moale is dié inhegtenisneming ʼn aanduiding van die span se toewyding om kriminaliteit by die lughawe uit te wis. “Oorwinnings soos dié is ’n hoogtepunt ná talle pogings wat deel vorm van die hersiene strategie wat by lughawe geïmplementeer is.”

Mogale moedig die publiek aan om inligting van dié aard by die polisie se misdaadstopnommer 08600 10111 te rapporteer. Oproepe kan anoniem geskied en inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Kom ons vra die vraag, as ons so na al die berigte oor misdaad die afgelope tye in die land kyk, hetsy of dit stroping van wilde diere is, dit boere is wat in aanvalle vermoor word met die doel om te roof, transitorooftogte, smokkelnetwerke, korrupsie, noem dit, waarom vat die mense in SA op groot skaal so ‘n kans? Is dit nie omdat die moontlikheid dat hulle sal slaag baie groter is as die moontlikheid dat hulle deur die owerheid en polisie gestop sal word nie?

Stop die polisie een gat toe, soort van, dan sien mens weer ‘n gat op ‘n ander plek groter raak. En dit is nie dat nuwe misdaad uitgevind word nie, nee, dis dieselfde misdaad wat oor en oor gepleeg word.

Ek sê nou die dag vir my tuinier hy kan maar die werk waarmee hy vandag besig is vinnig voor huistoegaantyd klaar maak, volgende week het ek ‘n nuwe projek vir hom, en dan moet die gras ook weer die week daarna gesny word.

toy ·

Hulle is inhegtenis geneem dis net jammer die diere is nou dood net vir horings wat niks beteken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.