Twee by matriekafskeid in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans, onderskeidelik 34 en 41 jaar oud, is Vrydagaand by ʼn matriekafskeid in Philippi, Kaapstad, doodgeskiet.

Die twee mans het by die geleentheid in Knoleweg opgedaag om ʼn skolier af te laai, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Toe hulle wegry, het ʼn onbekende man verskeie skote op die motor gevuur. Albei slagoffers is op die toneel dood.”

Die polisie ondersoek alle moontlikhede en die motief vir die skietery vorm tans deel van die ondersoek, het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Onnie ·

Dai fancy motors trek aandag. Die drug dealers met die fancy motors, het baie vyande.

Onnie ·

Ry eerder matriekafskeid toe in ‘n Casper, begelei deur die polisie in volle uniform – dis baie veiliger! Lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.