Twee dalk met Modimolle-plaasaanval verbind

Een van die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

Heritage Protection Group (HPG) in samewerking met Senyaka Nyaka Sekuriteit en beamptes van die Modimolle-speurdiens het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Julie buite Modimolle in Limpopo.

HPG het Dinsdag op hul amptelike Facebook-blad gesê die twee verdagtes is na bewering Zimbabwiërs en een van hulle het glo vroeër vir die slagoffers, Lesley (63) en Hercu (75) van Niekerk, gewerk.

Die verdagtes is in Mookgopong (Naboomspruit) in hegtenis geneem.

“Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ʼn paar skoene waarvan die afdruk ooreenstem met spore wat op die toneel gevind is. Die ondersoek na nóg verdagtes duur voort.”

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, kon nie dadelik meer inligting rakende die inhegtenisnemings bekend maak nie. Hy het gesê die polisie is steeds besig om inligting te verkry, waarna hulle ʼn verklaring sal uitreik.

Maroela Media het vroeër berig die Van Niekerk-egpaar is op 15 Junie die oggend op hul plaas aangeval.

Die egpaar was glo op pad na die beeskamp toe hulle deur vier aanvallers gekonfronteer is. Die Van Niekerks was in hul voertuig toe die verdagtes uit die bosse te voorskyn gekom het. Hulle het geld geëis en in die proses vir Lesley deur die ruit van die bakkie geskiet. Die aanvallers het op Hercu ook geskiet, maar hy is nie gewond nie.

Die aanvallers het daarna met die egpaar in hul bakkie na die huis op die plaas gery en daar die kluis se sleutels geëis. Hulle het met ʼn bedrag kontant, vuurwapens en die bakkie van die toneel gevlug.

Die egpaar se voertuig is in die Crecy-omgewing langs die pad gelos en die aanvallers het van daar te voet gevlug. Van die gesteelde vuurwapens is in die bakkie agtergelaat.

Lesley is ná die aanval in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem vir mediese behandeling.

Robert Jordaan, Unitas se hoofbestuurder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig Lesley is intussen ontslaan.

Een van die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos ·

Mens kan maar net nie hulle vertrou nie, moet nie tuinwerkers of huishulp ooit vertrou nie.

Deport them ·

Hoekom word onwettige immigrante nie teruggestuur huistoe nie? Hoeveel mense is al deur Mosambiekers en Zimbabwiers vermoor wat verniet in SA kom bly en nog werk kry ook en verniet medies geniet en dalk nog ‘n RDP huis ook kry? Tyd dat alle buitelanders HUISTOE gaan . hulle het mos daar die kans gehad om REG te stem .. let them go!

Alida 2 ·

Dit is ‘n lang uitgerekte proses in SA om hulle te deporteer.
Die mense is ook gouer terug in SA as wat jy kan glo.
Solank die grensbeheer nie na wense is nie sal deporteer nie help nie.

Joshua ·

Plaasmoordenaars vlug nie terug na hul geboorteland toe na n plaasaanval nie, hulle kry skuiling by Malema en sy EFF om sodoende weer te kan moor.

Ellisras ·

Boere is in ‘n onmoontlike posisie. Jy kry nie plaaslike werkers nie. Hul teer op SASSA geld. Veral ouers se pensioen geld. En om ‘n Zimbabwe burger te huur weet jy hy gaan op ‘n dag verdwyn.

Katerina ·

Dalk kan boere veiliger en meer betroubare hulp kry deur werk te verskaf aan die mense in die wit plakkerskampe?

Theo ·

Kan ons nie maar asseblief verwys na Nylstroom en Naboomspruit nie, dit klink tog soveel mooier as hierdie volksvreemde name. sit die ander name dan ( ) As jy n dorp wil stig noem hom wat jy wil maar om n bestaande dorp naam te verander vir anc doeleiendes is kultureele diefstal

Stem ·

Dit is baie waar. Die mense wil nie werk nie. Daar kom nooit een aan wat werksoek nie.
3 Jaar gelede vir dept Arbeid in ons omgewing gevra om die volgende dag 60 te bring om te oes en wag nog steeds.
As hulle self wou verdien kon hulle die eienaars van die spaza winkels gewees het. Dit is makliker om net te kla en op SASSA (euwel) te lewe.

Andre ·

Hoekom word hulle gesigte nie gewys nie???! Die KFC en doodskis e n Parys manne se gesigte is die wêreld vol gewys!

Theresa B ·

Ek stem volkome saam met jou Koos. Ek wil nie eers begin uitbrei hierop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.