Twee Denel-werkers vas oor ploftoestelle

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het twee werknemers van die wapenvervaardiger Denel in hegtenis geneem nadat daar glo groot hoeveelhede plofstoftoestelle in hul besit gevind is.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, 43 en 34 jaar oud, is Donderdagmiddag in Elsiesrivier in hegtenis geneem. Volgens Kinana is die perseel waar die verdagtes in hegtenis geneem is deursoek en is daar ’n groot hoeveelheid ploftoestelle in ’n geparkeerde voertuig gevind.

Kinana het gesê daar is op 32 skokgranate, 20 pirotegniese toestelle (thunder flashes), 160 fakkels en ammunisie beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ammunisie en ploftoestelle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rynhardt ·

As twee werknemers van Denel gearresteer is vir plofstoftoestelle,hoeveel plofstoftoestelle en wapens het voete gekry?Hoeveel werknemers is nog betrokke by die steel van plofstoftoestelle?Dit wys daar heers nie goeie sekuriteit nie!Beslis nie n goeie ding,met SA wat al hoe meer onstabiel raak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.