Twee dié naweek dood in Kimberley

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Polisie in Kimberley ondersoek twee onverwante gevalle van moord in dié dorp in die Noord-Kaap.

Kapt. SF de Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die een voorval het Saterdag omstreeks 14:30 plaasgevind.

“ʼn 31-jarige trokbestuurder is deur die bestuurder van ʼn VW Polo by ʼn vulstasie in Kimberley doodgesteek. Die twee mans het na bewering oor iets stry gekry,” het De Kock gesê.

ʼn 50-jarige verdagte is in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Die tweede voorval was later Saterdag omstreeks 19:35.

“Twee vriende het in ʼn argument betrokke geraak en die een (49) is deur die vriend (52) met ʼn mes gesteek by ʼn huis in Colville in Kimberley,” het De Kock gesê.

Volgens De Kock het die slagoffer in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

De Kock het enigiemand met inligting versoek om die polisie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Die word ‘vriende’ word onkundig en roekeloos gebruik. Leer jul taal ken asseblief.

Johan ·

Dankie Maroela vir julle berrigte! Jammer vir die “volmaakte” mense wat net sit en kyk waar hulle kritiek kan lewer

Pop ·

Ja nee, met sulke vriende wie het vyande nodig. Alles word deesdae met geweld opgelos. Almal is kwaad vir almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.