Twee dood, 13 beseer toe band glo bars

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en 13 beseer nadat ʼn minibus-taxi Vrydagmiddag op die N3 buite Warden in die Vrystaat gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een van die taxi se bande het vermoedelik gebars wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit van die pad af gery het. Die taxi het verskeie kere gerol en op sy wiele te lande gekom in die veld langs die pad.

“Met paramedici se aankoms het wrakstukke oor die toneel versprei gelê. Twee mense het ongelukkig reeds aan hul beserings beswyk,” het Botha gesê. “Dertien ander passasiers is op die toneel behandel vir ernstige tot matige beserings.”

Die beseerdes is deur Netcare 911 en die provinsiale nooddienste op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mels ·

Helfte van die karre in SA sal van die pad afgehaal word as hul ‘n padwaardigheidtoets inbring. In Ierland as jou kar ouer as 3 jaar is dan moet jy dit elke twee jaar toets en na 10 jaar, elke jaar. (The NCT is a compulsory vehicle inspection programme in Ireland. The primary aim of this programme which falls under the directive 2009/40/EC, is to improve road safety and enhance environmental protection by reducing harmful vehicles emissions in Ireland.)

Grap ·

Verstommend hoeveel taxi’s se bande bars ek wonder of die feit dat as jou bande glad is die meerderheid verkeersbeamptes jou verby sal laat vir ‘n nodige “bribe”iets daarmee te doen het?

louis ·

Mense koop ou bande wat her sny is op onwettige wyse. Hierdie bande is n gewaarborgde ongeluk vir enoge pad verbruiker wat daarvan gebruik maak. Die verkeer dept moet hierdie verkoop van ou bande uitroei dan sal minder taxi ongelukke plaasvind en onskuldige mense sterf.

Willie ·

Ek het lank gelede in ‘n township werk gedoen en ‘n masjientjie gesien waarmee hulle die groefies dieper sny. Dis skrikwekkend!

MCS ·

Dis nou jou tipiese, padvarke ! Bo die gereg , ry soos hul wil, maak soos hul wil en stop waar hul wil! Dink nie dit is NET die band se skuld! Taxi bestuurders is onbevoeg om te bestuur en stel daagliks mense se lewens in gevaar!

Knapie ·

15 insittendes teen gemiddeld 80kg elk = 1.2T. Ek weet nie wat die vragkapasiteit van so n taxi is nie, maar ek is nie verbaas dat bande bars teen hoë spoed nie.

Piet Piper ·

Hierdie Taxi ongelukke kos SA miljarde rande en baie hartseer vir die oorledenes se familiies. Die taxi ongelukke is maar net die gevolg van onpadwaardige bestuurders wat roekeloos ry met oorlaaide taxis. Geen respek vir hul passasiers en ander padgebruikers……….dan word hierdie duur prys betaal vir hul dade.

Mel ·

Ja nee, oorvol taxis!!!!! Dis te verstane dat bande sal bars dink ek, skuus dalk is ek voorbarig om dit te sê maar ek sien dit elke dag, verkeer Beamptes staan langs di pad te besig op hul selfone en ni gepla wat op di paaie aangaan ni

cobusp ·

Ek is al meer as 33 jaar n pad gebruiker en het nog nooit n band gebars nie ek wonder hoekom…………..

MJL ·

Oorlaai. Swak bande. Banddruk is nie reg nie. Hierdie lyk na ‘n 11 sitplekbussie. So, daar was 4 mense te veel in die voertuig plus nog almal se bagasie. Dit is ‘n resep vir ‘n ongeluk wat ‘n plek soek om te gebeur. Daar is daagliks baie van hulle op ons paaie. Dan wil die slimmense nog die taxibedryf gebruik om ons boere te beskerm?

Ger ·

Ondersoek voertuig en kla drywer aan vir manslag indien nodig.hy is verantwoordelik vir passasiers.

Joann ·

MCS jou bek kort jam. Jy slaan die spyker op die kop. Sommiges word hoeveel maal weggewys vir lisensie andere kry hom net.

Hennie de Beer ·

Knapie jy slaan die spyker op sy kop. Die 1.2 ton sluit hul bagasie uit. ‘n Oorlaaide taxi met ‘n “slow puncture” sit stremming op die wielvelling wanneer die band afblaas op spoed. Die wielvelling verhit dan op lae druk en bars dan ongeag die kwaliteit van die band.

Hennie de Beer ·

Knapie jy slaan die spyker op sy kop. Die 1.2 ton sluit hul bagasie uit. ‘n Oorlaaide taxi met ‘n “slow puncture” sit stremming op die wielvelling wanneer die band afblaas op spoed. Die wielvelling verhit dan op lae druk en bars dan ongeag die kwaliteit van die band.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.