Twee dood, 15 beseer in Ekurhuleni-ongeluk

Die ongelukstoneel. (Foto: ANA)

Twee mense is dood en 15 ander beseer toe drie voertuie Maandag op die N12 in Ekurhuleni gebots het.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê nooddienswerkers is omstreeks 07:30 na die toneel ontbied waar ʼn watertenkwa, ʼn minibustaxi en ʼn motor teen mekaar gebots het.

Die ongelukstoneel. (Foto: ANA)

Volgens Ntladi het die taxi met 17 insittendes omgeslaan. Sommige van die insittendes was in die wrak vasgekeer en moes met behulp van meganiese toerusting bevry word.

Twee van die insittendes is op die toneel dood verklaar. Altesaam 15 pasiënte in al drie voertuie is na nabygeleë hospitale gehaas vir mediese behandeling.

Ekurhuleni-verkeersbeamptes ondersoek die oorsaak van die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Heksie

Daar was al ‘n paar lelike ongelukke op daardie selfde plek.
Dis nie “rocket science” om uit te klaar wie die ongeluk veroorsaak het as ‘n taxi betrokke is nie!