Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici en lede van die plaaslike brandweerdienste by die toneel opdaag, het die wrakke van twee bakkies in die middel van die pad gelê. ʼn Vragmotor, wat glo ʼn groep plaaswerkers vervoer het, het langs die pad gestaan.
Volgens die voorlopige ondersoek het een van die bakkies teen die kant van die vragmotor gebots, voordat dit reg van voor teen die tweede bakkie gebots het, het Meiring gesê.
“Die bestuurders van die bakkies was in die wrakstukke vasgekeer. Ongelukkig het albei mans reeds aan veelvuldige beserings beswyk en hulle is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê. “Die brandweerdienste het later die lyke met meganiese toerusting uit die wrakke verwyder.”
Paramedici het die insittendes van die vragmotor ondersoek en hulle is vir geringe tot matige beserings behandel, voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.
Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.
Ag foeitog dis baie hartseer om van mense te lees wat so skielik dood is!
Lpv vreugde bring Desember vir baie mense hartseer agv roekelose bestuurders. Mens is werklik baie onwillig om oor die feesseisoen op die paaie te waag. Sterkte aan die families van die oorledenes.
Jammer Maroela. Dit moet seker beseerings wees. Nie beswerings nie!
Wat van – beserings
Goed om te sien KarooKlong is terug . . .
Ek bly in die Paarl – naby Medi Kliniek, Paarl Hospitaal en die Ambulansdienste. Daar gaan nie 1 oggend verby wat ons nie die dag begin met skreeuende sirenes nie. Jou hart klop in jou keel, want die gedagte wat my altyd eerste byval is – dit is iemand se eggenoot, mamma, pappa of kind. Dis so hartseer.
Die inligting is nie akkuraat nie. Ek en my verloofde het reg agter die een kar gery. Die ongeluk het gebeur as gevolg van roekelose bestuur. Daar was n bantam bakkie voor die grys voertuig wat nie wou toe laat dat die grys voertuig hom verby steek nie. Die man in die grys voertuig het toe heen en weer oor die pad geswaai en die bantam probeer verbysteek en dit iw toe dat die bakkie en die grys voertuig teen mekaar bots. Die Here het sy hand op my en my verloofde gehou en ons kon tussendeur die twee voertuie beweeg nadat hul gebots het en veilig aan die ander kant uit kom. Dit was amper of ons was ook in die ongeluk betrokke. Die ander beserings glo ek het gebeur toe die mense wie op die toneel afgery het teen mekaar gebots het. Die bantam bakkie het nie eens gestop nie en ons was te geskok om te dink daaraan om sy registrasie nommer te kry. Die grys kar het ook begin brand en my verloofde en n ander man kon die vuur blus voordat dit ernstig raak.
Dit gebeur baie op die R44 en dit is selfsugtig veral as hulle 60 km per uur ry. Miskien het iemand anders dit ook gesien en kan hulle die nommerplaat onthou.
Jammer Nadia……..dit is beserings en nie beseerings nie:)
Cora baie sterkte aan jou en jou familie in hierdie hartseertyd. Mag God jul vertroos want dis so ‘n slegte tyd voor Kersfees.