Twee dood, 16 beseer toe voertuie bots

(Foto: ER24)

Twee mense is dood en 16 ander beseer toe ʼn taxi en ligte voertuig Sondagaand reg van voor tussen Randfontein en Carletonville gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskillende ambulansdienste het omstreeks 19:00 by die ongelukstoneel op die R559 aangekom. Daar het hulle die wrakke van die twee voertuie aan teenoorgestelde kante van die pad aangetref.

“Van die passasiers in die taxi het reeds uit die voertuig geklim en op die toneel rondgeloop. By nadere ondersoek het paramedici ʼn man gevind wat buite die ligte voertuig gelê het, terwyl nog vier pasiënte in die voertuig vasgekeer was,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring was die man buite die voertuig in ʼn kritieke toestand en het hy later aan sy beserings beswyk.

(Foto: ER24)

Die vrou in die passasiersitplek van die voertuig het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie.

Twee kinders, vermoedelik ongeveer 15 jaar oud, is met kritieke beserings agter in die voertuig aangetref, terwyl die vyfde insittende slegs geringe beserings opgedoen het.

Dertien passasiers in die taxi het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die twee kinders is in ʼn kritieke toestand per helikopter na hospitale geneem. Die res van die pasiënte is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wonder ·

Die groot meerderheid ongelukke is of n taxi of n vragmotor. Padreëls word geignoreer en daar is geen respek vir mekaar op paaie nie. Dis maar net n deel van die probleem.

Susan ·

Ek glo dat Taxi’s vir grootste dodetal op ons paaie verantwoordelik is. Hulle drink onbeskaamd bier terwyl hulle in spitsverkeer bestuur, en glo ‘n ander stel reël s geld vir hulle. Ek gee hulle maar eerder ‘n “gap”in die verkeer, want indruk voor jou, gaan hulle in elk geval. Maar wat kan jy doen as hy reg van voor op jou afkom?

Realis ·

@Susan – Vir die rede is ek die heeltyd besig om te bid. As hy van vooraf kom gaan jy nie eers kans hê om by “Onse Vader wat in die Hemel is” uitkom nie. Ons moet super voorbereid wees.

Onnie ·

Die arme kinders wat nou sonder n ma en pa moet grootword omdat die taxis nie hul beurt kan af wag nie.

Asjas ·

Ek gaan nou baie pakslae kry maar hier is dit.
Was hierdie vakansie baie op die pad, ons het dit so bietjie gewaag om vakansie te hou. Vreeslik gestress oor die huis en elke oomblik van elke dag wat ons op die pad was gebid maar …
Dit was vir my opvallend hoeveel wit mans met hul hele gesin in die voertuig onverskillig ry. Veral manne met groot SUV’s, Bakkies en dan natuurlik die VW Jumbo Golf. Ek het ernstig begin wonder of Taxis, Busse en Trokke ALTYD in die verkeerd was.
Ons volk krimp deur moord en dan gaan speel julle nog met jul en jul hele gesin se lewens ook.
Ek het myself morsdood geskaam vir die blanke ras. Kom ons kyk bietjie na ons slegte gewoontes ook. Padwoede, moedswillig, onverskillig, ongeduldig, onbedagsaam ens ens

Anoniem ·

@Asjas, ek verstaan as jy se jy gaan baie pakslae kry, hierdie is nie my bedoeling nie maar ook net my opinie. Hierdie gesin was my familie oppad huistoe. ‘n taxi wat geen ligte gehad het nie was op die pad? Wie is nou onveskillig, onbedagsaam? Agter die een nog ‘n taxi wat gedink het dis slim om hom verby tegaan in aankomende verkeer en ‘n kop aan kop botsing te veroorsaak, waar onskuldige kinders albei hulle ouers verloor het, en hulle veg vir hulle lewe in die hospitaal. Ek verstaan jou opinie maar hierdie spesifieke ongeluk was onskuldige mense wat deur ‘n TAXI hulle lewe verloor het.

Geskok ·

Anoniem dit is soos jy daar se die ongeluk was onnodig. Die meeste kop aan kop botsings is roekelose bestuurders wat ongeduldig is om verby te gaan ten spyte van verkeersreels wat hul verontagsaam.

My innige simpatie. Ken net sy broer en skoonsuster wat my familie is. Hul hartseer en pyn is ons pyn.

Mag jul familie en vriende berusting en vrede vind en die Here jul toevou in SY liefde.

Trudie ·

Rus in vrede neef en vroulief. Mag die kinders vinnig herstel. Sterkte aan die Venter en Swart families. Julle is in ons gebede

ODilhea ·

Alweer ń taxi! Wanneer gaan die Minister van vervoer ń daadwerklike poging aanwend om die taxibestuurders tot verantwoording te roep. Hulle maak hulle eie padreëls.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.