Twee dood, 16 beseer toe voertuie bots

(Foto: ER24)

Twee mense is dood en 16 ander beseer toe ʼn taxi en ligte voertuig Sondagaand reg van voor tussen Randfontein en Carletonville gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskillende ambulansdienste het omstreeks 19:00 by die ongelukstoneel op die R559 aangekom. Daar het hulle die wrakke van die twee voertuie aan teenoorgestelde kante van die pad aangetref.

“Van die passasiers in die taxi het reeds uit die voertuig geklim en op die toneel rondgeloop. By nadere ondersoek het paramedici ʼn man gevind wat buite die ligte voertuig gelê het, terwyl nog vier pasiënte in die voertuig vasgekeer was,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring was die man buite die voertuig in ʼn kritieke toestand en het hy later aan sy beserings beswyk.

(Foto: ER24)

Die vrou in die passasiersitplek van die voertuig het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie.

Twee kinders, vermoedelik ongeveer 15 jaar oud, is met kritieke beserings agter in die voertuig aangetref, terwyl die vyfde insittende slegs geringe beserings opgedoen het.

Dertien passasiers in die taxi het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die twee kinders is in ʼn kritieke toestand per helikopter na hospitale geneem. Die res van die pasiënte is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
emily

Natuurlik is daar weer n TAXI betrokke.

Wonder

Die groot meerderheid ongelukke is of n taxi of n vragmotor. Padreëls word geignoreer en daar is geen respek vir mekaar op paaie nie. Dis maar net n deel van die probleem.

Onnie

Die arme kinders wat nou sonder n ma en pa moet grootword omdat die taxis nie hul beurt kan af wag nie.

Asjas

Ek gaan nou baie pakslae kry maar hier is dit. Was hierdie vakansie baie op die pad, ons het dit so bietjie gewaag om vakansie te hou. Vreeslik gestress oor die huis en elke oomblik van elke dag wat ons op die pad was gebid maar … Dit was vir my opvallend hoeveel wit mans met hul hele gesin in die voertuig onverskillig ry. Veral manne met groot SUV’s, Bakkies en dan natuurlik die VW Jumbo Golf. Ek het ernstig begin wonder of Taxis, Busse en Trokke ALTYD in die verkeerd was. Ons volk krimp deur moord en dan gaan… Lees meer »

Anoniem

@Asjas, ek verstaan as jy se jy gaan baie pakslae kry, hierdie is nie my bedoeling nie maar ook net my opinie. Hierdie gesin was my familie oppad huistoe. ‘n taxi wat geen ligte gehad het nie was op die pad? Wie is nou onveskillig, onbedagsaam? Agter die een nog ‘n taxi wat gedink het dis slim om hom verby tegaan in aankomende verkeer en ‘n kop aan kop botsing te veroorsaak, waar onskuldige kinders albei hulle ouers verloor het, en hulle veg vir hulle lewe in die hospitaal. Ek verstaan jou opinie maar hierdie spesifieke ongeluk was onskuldige mense… Lees meer »