Twee dood, 23 beseer in snelweg-botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mense, onder wie ʼn tienjarige meisie, is dood en 23 ander beseer toe verskeie voertuie Donderdagmiddag op die M1-snelweg in Booysens, Johannesburg, gebots het.

ER24 het in ʼn verklaring gesê ʼn transitovoertuig, ʼn minibus-taxi en verskeie motors was in die botsing betrokke en die snelweg moes tydelik afgesper word terwyl die toneel opgeruim word. Die verkeer is erg hierdeur vertraag.

“ʼn Jong meisie, vermoedelik tien jaar oud, wat in die wrak van een van die motors vasgekeer was, het op die toneel gesterf. Die tweede oorledene was ʼn man wat uit ʼn voertuig geslinger is,” het ER24 in die verklaring gesê.

Volgens die verklaring is 23 beseerdes op die toneel behandel, waarvan een ʼn negejarige seun wat kritieke beserings opgedoen het. Nog ʼn tweejarige meisie het ernstige beserings opgedoen. Die ander pasiënte het ligte tot matige beserings opgedoen. Die beseerdes is per ambulans na verskillende hospitale vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar word deur die plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

RC ·

Ja absoluut, met so baie mense moet dit ‘n taxi wees. Gister oggend het een verby my gedruk en in ‘n baan gery wat net regs draai, en taxi het daarin gery terwyl ons almal in ‘n ry gewag het vir ‘n rooi robot. Volgende minuut draai hy voor ons almal in wat wag vir die robot wat nog rooi was en ry oor die rooi robot.

Sharon ·

Dink julle is nou effens onregverdig. Dit is nie altyd ‘n taxi nie… Verwys na student op motorfiets wat deur ‘n voertuig getref was en ‘n groep taxi’s wat ‘n barrier om hom getrek het om te sorg dat hy nie verder seerkry nie. Wag vir die ondersoek asb. My innige simpatie aan die mense wat hul kosbare kinders verloor het asook die beseerdes…

Leo ·

En ek dink……..vir daardie jong meise wag daar seker ‘n geskenk onder ‘n kersboom wat sy nooit sal oopmaak nie. Dis bitter hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.