Twee dood, 25 beseer toe bus omslaan

Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit

Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit

Twee vroue is dood en 25 passasiers beseer toe ʼn bus Dinsdag buite Bethanie naby Brits in Noordwes omgeslaan het.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die bus het op ʼn grondpad van Makolokwe na Brits gery toe die ongeluk omstreeks 05:50 plaasgevind het.

Talane het gesê die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. “Twee mense is op die toneel dood. Die bestuurder is in die MediClinic Brits opgeneem, terwyl die ander beseerdes na die distrikshospitaal in Brits geneem is,” het hy gesê.

Volgens Talane is twee aanklagte van strafbare manslag teen die busbestuurder aanhangig gemaak.

Die Hartbeespoort Nooddienste het gesê een vrou is na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Haar hand is tydens die ongeluk geamputeer. Loanne Louw, woordvoerder van die nooddienste, het gesê die ander passasiers het ligte tot matige beserings opgedoen.

Die bus het mense na hul werk in Brits vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.