Twee dood, 29 beseer in N12-botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en 29 ander beseer nadat ʼn bus, ʼn vragmotor en ʼn motor Sondagaand op die N12 buite Fochville gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 19:00 by die toneel aangekom. “Die vragmotor en motor was in die linkerbaan van die snelweg, terwyl die bus van die pad af geswenk het. Talle mense het oor die toneel verspreid gelê en ander het op die toneel rondgeloop,” het Meiring gesê.

By nadere ondersoek het paramedici ʼn man en vrou gevind waar hulle buite die motor gelê het. “Albei pasiënte het veelvuldige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die twee mense by te bring, maar dit was tevergeefs. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring het 29 ander mense beserings opgedoen wat gewissel het van gering tot kritiek. Een van die kritiek beseerdes moes deur ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Die ander pasiënte is met ambulanse na verskillende hospitale gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snaaks? ·

Snaaks? Gister tussen Reitz en Sasolburg het ek heelwat kansvatters gesien. Ons ry mos vir plekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.