Twee dood, 29 beseer toe taxi’s bots

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Twee persone is dood en minstens 29 persone beseer toe twee minibustaxi’s Saterdagaand op die N4 naby Valentia Park in Nelspruit gebots het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 21:00 na die toneel ontbied. “Twee persone, wie se liggame in die wrak vasgekeer was, het nie enige teken van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Van die 29 persone wat beserings opgedoen het, was twee in ʼn kritieke toestand. Die beseerde persone is na Barberton-hospitaal en ʼn privaat hospitaal in die gebied geneem.

Owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stella ·

Ja,,nee dit sal ook net aanhou die taxi’s wat die paaie oorvat en ry Soos malgoed

Lana ·

Wil ek ook graag weet!!
Verder word my kommentaar nie geplaas.
Ek sou graag by Zwelakhe Dubasi wou uitvind of hierdie ongeluk ook hulle “ancestors” se werk is.

Skybird ·

#Ja Ne, my selfde vraag Moet ons ook nou rasse uitlatings spreek en bly wees oor wat gebeur het ?? NEE! !! Want ons is ń unike Afrikaner volk van anders tradisie, ons is nie gebore/groot gemaak om ons te verlustig in ander se pyn/leed nie. Ons skroom nie om ander (ongeag ras of kultuur) tot hulp te snel nie , ons Glo nog in die Eed om jou naaste lief te hê en te help. Dan word ons nasie uitgebuit/gejou as die verkeerde/rassis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.