Twee dood, 3 beseer in trompop botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en drie ander ernstig beseer nadat twee voertuie Sondagoggend reg van voor op die R512 by Lanseria, in die noorde van Johannesburg, gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici is net na 11:00 na die toneel ontbied waar hulle die erg beskadigde wrakke aangetref het. Volgens Vermaak het een van die voertuie ʼn karavaan gesleep ten tyde van die botsing.

“By nadere ondersoek het paramedici gevind dat twee mense, onderskeidelik ʼn insittende in elke voertuig, geen tekens van lewe meer getoon het nie. Ondanks paramedici se beste pogings kon die twee mense nie weer bygebring word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak sê drie ander insittendes moes deur die brandweerdiens uit die wrakke bevry word. “Een van die beseerdes is per helikopter na ʼn hospitaal geneem, terwyl die ander twee per ambulans na die hospitaal gehaas is. Al drie het ernstige beserings opgedoen.”

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

IK ·

Te oordeel aan die skade moes spoed ‘n groot rol gespeel het. Tot die onderstel vd dubbelkajuit is geknak. ‘n Hele paar gebeure kan bydra tot ‘n kop teen kop botsing maar normaalweg is dit blote verontagsaming vd verkeersreëls.
Die woord ‘karavaan’ is korrek maar meer beskrywend is ‘woonwa’.

shannon ·

Ek sit ook graag terug en oordeel. Ek het ook al gesien hoe die skade in a TROMP OP botsing waar beide voertuie teen 120km / uur gery het baia baie minder was as waar hulle bv. 125km / uur gery het.
Hier vanaf my perspektief lei my analiese my tot die gevolg dat die feit dat dit `n TROMP OP botsing was, waarskynlik `n groter rol gespeel het.
Graag wys ek ook uit dat “spoed” aanvaarbaar is mits jy die nodige I.K. het, maar “snelheid” is meer van toepassing.

Marinda ·

Sterkte aan die familie en naasbestaandes van die oorledenes, asook die beseerdes.

leser ·

@ik – stem saam met verontagsaming van pad reels
meegevoel met almal en familie van die ongeluk
waar die dubbel kajuit bakkie en woowa staan is dit teen ‘n effense skuinste of helling, opwaarts
die spoed van die bakkie kon seker nie meer as 100 km/u gewees het nie en het uitgeswaai vir die voertuig van voor, daarom staan dit in die sy van die pad
agv van die dubbel-as woonwa maak die inpak ook soveel meer omdat dit ‘n swaar woonwa is
die motor in die ongeluk het seer sekerlik na die baan van die bakkie beweeg en hom misgis met die spoed en afstand wat die bakkie aankom, daarom staan dit in die bakkie se baan, weer ‘n gretige (haastige, wet verontagsame) man met spoed wat uiteindelik mense se lewens geneem het

Ben Potgieter ·

Die ongeluk is baie tragies en moontlik voorkombaar gewees.Wat my verskriklik frustreer is dat al sulke beriggewings gepaard gaan met dit word ondersoek.Nooit word daar berig wat aanleiding gegee tot sulke ongelukke nie.Die publiek behoort bewus gemaak te word van oorsake om sodoende te leer uit ander se foute.Anders het mense onnodig gesterf.Die media behoort ook ‘n opvoedingsrol te speel en nie net beriggewing doen nie.Miskien is ek net naief met my siening.

Ken ·

Baie goeie idee, Ben!! Ek stem 100% saam. Bitter baie mense het bewusmaking nodig itv wat op ons paaie aangaan.

Thomas ·

Daai stukkie pad is baie nou en nie altyd gelyk nie. Dieselfde tipe pad as die Beyers Naudé verlenging net suid van dit. Dat daar nie meer ongelukke daar plaasvind nie is net genade…. Baie hartseer…

Nico ·

Kom ons maak gou ‘n paar afleidings uit die foto.
Bakkie met woonwa aan die regte kant van die pad op die skouer. Impak primer aan die regterkant van bakkie. Gegewe die posisie, met inagneming van die massa ,van die kombinasie van die bakkie en woonwa kan met redelike sekerheid gese word dat die voertuig kombinasie nie geswaai of omgetol het nie. Ander voertuig aan die VERKEERDE kant van die pad, het omgetol en kyk in die verkeerde rigting.
Dit is dus ooglopend dat die ander voertuig die bakkie aan die verkeerde kant van die pad getref het. Verder is dit hoogs onwaarskynlik dat die bakkie met so ‘n groot woonwa meer as die spoedgrens gery het, veral op daardie pad. Die ooglopende oorsaak is dus dat die ander voertuig veels te vinnig gery het en teen die aankomende verkeer verbygesteek het, My medelye met die naasbestaandes van die oorledene in die bakkie.

Nico ·

Nou net nog fotos gesien van die ongeluk.
Die ander motor het op ‘n sperstreep verbygesteek.
Draai, blinde hoogte en T aansluiting.
Watter oorsaak is daar om te ondersoek oor die ongeluk?
As die oorsaak nie duidelik is nie, is die ondersoeker blind. Of uiters onbevoeg.

Marius ·

Die probleem met die meerderheid van die botsings op SA-paaie is dat die meerderheid van die voertuie ABS het. Nee, nie “anti lock braking system” nie, “ass behind steering”….

Chris Ws ·

Helder oordag.Nou wie het nou wat verkeerd gedoen om so’ botsing (nie ongeluk nie!Daars ‘n verskil) te veroorsaak??Die woonwa en sleep bakkie is albei op die grond so die bestuurder moes die pad verlaat het om ‘n botsing te probeer vermy.Wel so lyk dit.Nogtans was die gevolge tragies.Mens weet wraggies nie meer hoe om te maak as jy op die pad is nie want enige oomblik kan jy in ‘n botsing betrokke wees.Maar se vir die minister van vervoer hy moet werk skep en duisende verkeers polisie oplei en op AL ons paaie ontplooi dan kom daar niks van nie.

Poppie ·

Dan is die hele Suid-Afrika vol botsings. Want in ‘n ongeluk “bots” ‘n voertuig gewoonlik teen iets anders. Muur/paal/boom/voertuig. Dit bly ‘n on geluk

Heksie ·

Lyk eerder of the ander voertuig in die verkeerde baan beweeg het en die voertuig wat die karavaan gesleep het, met ‘n helse spoed getref het. En verder kan ek net myself indink wie die onverskillige bestuurder hier was …

Chris ·

Heksie, die onverskillige drywer moes beslis ongebleik gewees het!

Eunice ·

ONGEDULD…absolute ongeduld, onvolwassenheid en onnoselheid… WANT ÉK MÓÉT MOS VERBYJAAG soos ñ besetene…ek kani WAG todat dit veilig is nie!!!!!
WÁNNEER KRY ROEKELOSE NALATIGE BESTUURDERS 100 JAAR INI TRONK OM PERMANENT VAN ONS PAAIE AF TE BLY AS HULSELF HUL DOMGEIT

Jolene ·

Eunice, ek het ‘n kommentaar van ‘n dame gelees wat op die ongelukstoneel was, en gesien het wat gebeur. Volgens haar is daar ‘n draai, voor die amarok bakkie het daar karre stil gestaan en het hy probeer om ‘n ongeluk te vermy deur uit te swaai, daar is ook ‘n bult op daardie pad so heel waarskynlik het die amarok bakkie nie die ander bakkie gesien nie.
Ek ken die mense persoonlik wie familie is van die mense met die hilux en woonwa.
Dis bitter hartseer, sterkte aan die mense wat beseer is en mag die oorledenes in vrede rus.

AI AI AI ·

Ander padgebruikers het geen geduld met ons wat sleep nie. Jy word “gedruk”van agter af om vinniger te ry, of om in geel streep te beweeg sodat hulle kan verbygaan. Ons handhaaf ‘n spoed van so 100km/uur, wanneer dit veilig is. Steeds is dit te stadig vir daai ou wat verby jou MOET kom, sodat jy maar net weer later verby hom gaan. Mense besef ook nie dat jou afstand wat jy nodig het om te stop, meer is as jy sleep a.g.v. die ekstra gewig agter jou nie.

Hennie ·

Ai maar ek lees hier is n paar ondersoekers wat hier hulle bydrae lewer. Kom ek vertel julle gou n storie. Ek het n paar jaar lank getow op die R512 en ja daar is baie mense wat roekeloos ry daar. Veral op sondae! Maar nou vir die klomp ondersoekers. Wie se daai voertuig wat in die bakkie vasgery het se “ball joint” het gebreek voor hy in die bakkie vas gery het nie? Wat van n “steering rack” wat breek? Sien daar is baie vaktore by n ongeluk so dit moet ondersoek word!! Julle klomp keyboard ninjas wil altyd n eier le maar tien teen een weet julle net mooi niks. En ja dit het met my gebeur met n nuwe voertuig dat n lower control arm gebreek het!! So dink voor julle slim raak.

Karolis ·

Nog ‘n partjie van die voertuig wat ook probleme veroorsaak is die selfoon.
Om nie te praat van die sondebok tussen die stuurwiel en die sitplek nie.

Chris ·

Heksie, die onverskillige drywer moes beslis ongebleik gewees het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.