Twee dood, 3 beseer ná trompop botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en drie ander beseer toe ʼn sportnutsvoertuig en ʼn pantservoertuig Maandagmiddag reg van voor op die N4 naby die Kroondal-afrit by Rustenburg gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die toneel ontbied waar hulle die pantservoertuig op sy kant teen die snelweg se versperring aangetref het. Die sportnutsvoertuig is in die veld teen ʼn klein wal af gevind.

“Twee insittendes was in die sportnutsvoertuig vasgekeer. Daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

Die drie insittendes in die pantservoertuig het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrea ·

Daardie pad is n nagmerrie. Sit nog reën daarby en jy het n 100% kans vir n ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.