Twee dood, 3 beseer toe voertuig rol

Argieffoto: Netcare 911

Twee mense is dood en nog drie beseer nadat ʼn ligte voertuig Sondagoggend op die N6 buite Bloemfontein gerol het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 11:57 na die ongelukstoneel ontbied. Daar het hulle die wrak van die voertuig aangetref nadat dit, met vyf insittendes binne, gerol het.

“Twee mense wat tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is, is op die toneel dood verklaar,” sê Herbst. Die drie ander mense het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal gebring is.

Volgens Herbst is die oorsaak van die ongeluk nie aan Netcare 911 bekend nie en sal dit deel van die polisie se ondersoek uitmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Sommer netso toe is ons onderstebo. Groot dank dat ek na 58 jaar dit nog nie beleef het selfs sonder ‘n K53. Nou is daar sprake dat almal hertoets moet word want dit sal kwansuis verkeerstekens wat vergeet is weer ‘herroep’ en ook aangeleerde padvarkmaniere laat afleer. Bid jou aan . . .

Hennie ·

Ja en toe lé alles kan ons as pad gebruikers die statistieke kry van wie die motors bestuur het en sodoende daardie groep mense vat vir hertoetsing om te veralgemeen is beslis nie n antwoord nie veral nie vir hertoetsing nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.