Twee dood, 32 beseer in JHB-ongelukke

Die ongeluk in Benoni. Foto: ER24

Die ongeluk in Benoni. Foto: ER24

Twee mense is Maandagoggend dood en 32 beseer in twee afsonderlike ongelukke in Benoni en Roodepoort in Gauteng.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê twee mense is dood en 17 beseer toe ʼn minibustaxi ʼn muur in Birchweg in Benoni getref het. “Die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig voor dit die muur getref het,” het Vermaak gesê. “Twee mense was in die taxi se wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.” Die pasiënte is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Altesaam 15 mense is in Roodepoort beseer toe twee minibustaxi’s mekaar in Main Reefweg getref het. “Paramedici van ER24 en die Johannesburgse nooddienste het die pasiënte op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak gesê.

Die polisie ondersoek die ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.