Twee dood, 4 beseer in botsings

Die ongelukstoneel in KwaThema aan die Oosrand. Foto: ER24

Twee mense is dood en vier ander beseer in twee verskillende botsings Sondag in Gauteng.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die eerste botsing het omstreeks 08:10 in KwaThema aan die Oosrand plaasgevind toe ʼn vragmotor en ʼn motor gebots het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het wrakstukke oor die pad verspreid gelê en die wrak van die motor het langs die pad gestaan. Die bestuurder van die motor was steeds in die wrak vasgevang. “Ongelukkig was daar niks wat vir die man gedoen kon word nie en hy is deur ʼn ander ambulansdiens op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die vragmotorbestuurder het slegs geringe beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

In ʼn tweede ongeluk het ʼn taxi en ʼn voertuig omstreeks 13:30 in Daneweg in Midrand gebots.

Die ongelukstoneel in KwaThema aan die Oosrand. Foto: ER24

Met ER24-paramedici se aankoms op die toneel, was een persoon steeds in die voertuig vasgekeer, terwyl die ander insittendes reeds uit die wrakke van die voertuie verwyder is. Meganiese toerusting moes gebruik word om die persoon uit die voertuig te verwyder.

“Die bestuurder van die voertuig het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê. Drie ander pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeutjie ·

As n Mercedes se bakwerk so lyk na n ongeluk kan mens dit dalk toeskryf aan spoed??

Willem ·

Een van die voertuie het beslis oor die middellyn gery!! Dis afgryslik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.