Twee dood, 4 beseer in Vrystaat-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en vier beseer, nadat twee voertuie Maandagoggend op die Hennenman-pad, tussen Welkom en Ventersburg in die Vrystaat, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die insittendes was in die voertuigwrakke vasgekeer. “In die eerste voertuig was ʼn man wat kritieke beserings opgedoen het en ʼn vrou wat geen tekens van lewe getoon het nie,” het Meiring gesê.

“Nooddienswerkers het meganiese toerusting gebruik om die vrou uit die wrak te sny en paramedici het dadelik alles in hul vermoë gedoen om haar by te bring, maar toe daar na 15 minute steeds geen tekens van lewe was nie, is sy op die toneel dood verklaar.”

Nooddienswerkers het ook die liggaam van ʼn man, wat op slag dood is, uit die tweede voertuig verwyder. Nog ʼn man en twee vroue wat ook in hierdie voertuig was, is op die toneel vir hul beserings behandel, voordat hulle saam met die man wat in die ander motor was, na die Bongani-streekshospitaal in Thabong gehaas is.

Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Verbysteek ·

Volgens die ‘Arrive Alive’-berig was dit ‘n kop-teen-kop botsing. Beskou mens die foto dan is dit so. Vroeg vanoggend is die beesblaas by my en ‘n groot vragmotor verby op ‘n linksom draai met ‘n soliede witstreep. Daar was nie ‘n manier wat hy kon sien wat van vooraf aankom. Diesulkes se bestuurderslisensies moet permanent opgeskort word d.w.s. LEWENSLANK.

Pastoor ·

Verbysteek jy 100% reg. Ek ry elke dag die N2 snelweg. Soos vanoggend reen dit geweldig. Met die sproei oppi pad ry ek skaars 80kmpu. Dan ja taxis verby my en groot trokke. Waar die afdraai kom gaan daai manne oor die roooiligte. Sonder om af te slack. Hou voet in die hoek. Die kruisings moet die vir wie die ligte groen wag totdat die oortreders verby is

Manna ·

Dis iets verskriklik om te sien hoeveel pad ongelukke daaglik gebeur en dit eskaleer elke dag. Mense het geen respek vir pad reëls en ander pad verbruikers. Ek glo hulle het nie eers respek vir hulle self nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.