Twee dood, 4 kritiek ná motor teen boom bots

Foto: ER24

Twee mans is dood en vier ander mense, onder wie ʼn 3-jarige kind, is beseer nadat ʼn motor Sondag op die N4 buite Rustenburg van die pad af gegaan en teen ʼn boom gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ER24 is saam met ander ambulansdienste na die toneel tussen Rustenburg en Swartruggens ontbied. Daar het hulle die wrak van die voertuig teen ʼn boom aangetref met ʼn vrou en kind wat buite die voertuig gelê het.

“Drie mans en nog ʼn vrou was binne die voertuig vasgekeer. Die twee mans wat op die voorste sitplekke was, het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die man en vrou op die agtersitplekke van die motor, asook die vrou en kind buite die motor was almal in ʼn kritieke toestand. “Reddingswerkers moes verskeie reddingstoerusting gebruik en het langer as ʼn uur gewerk om die insittendes uit die wrak te bevry,” het Meiring gesê.

Al vier pasiënte is op die toneel gestabiliseer en een van die mans is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander drie pasiënte is per ambulans na die hospitaal gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trap-my-maar ·

Trap-my-maar maar ‘n voertuig het nie die verstand (brains) om sommer net die pad te verlaat. Die oorsaak is voor die hand liggend. Ry binne jou bestuursvermoë en besef dat jou K53-kwalifikasie nie goed genoeg is. Weereens groot hartseer vir diegene betrokke by hierdie gebeurtenis.

Robby ·

Ja nee dit is intresant om te weet hoe ry jy net van die pad af of jy raak aan die slaap of dalk was die persoon besig op sy selfoon op whatsup of dalk facebook. Ek weet Tesla is besig om motors te ontwerp wat self ry. Maar ons is nog nie daar nie. Ek wil net sė as jy moeg is stop eerder en as jy met ʼn selfoon bestuur dan is jy dommer as wat ek gedink het want selfone en whatsup en facebook gêl so lekker op die pad nie,

willie ·

Ses mense in ñ VW Vivo is verseker oorlading, ondersoek afgehandel! Tragies dat mense nie leer uit ander se foute nie!

Rene ·

Dis n paer kilometer van waar ek bly wat dit gebeur het… dis maklik om sarkastiese aanmerkings te maak as dit nie jou eie gesin of familie in daai kar is. Dink voor jy beskuldigings gooi!

A. Mac ·

Sarkasties of nie, maar hoeveel fotos van ongelukstonele waar spoed duidelik ‘n invloed gehad het moet nog gewys word voordat mense luister? Geen voertuig is verantwoordelik vir ‘n ongeluk nie, die die BESTUURDER VAN DAARDIE VOERTUIG.

**anoniem** ·

Jinne, maar het enige iemand dalk gedink dat die kar uitgeswaai het vir ‘n ander kar wat “ge-overtake” het? Moenie net aanneem dit is die persoon se skuld nie, daar is so baie faktore wat ‘n rol kon gespeel het in hierdie ongeluk! Dink voor jy praat! Sterkte aan die families en naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.